From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Olimpiese Winterspele 1976 (Duits: Olympische Winterspiele 1976), amptelik bekend as die XIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1976 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die spele is aanvanklik aan Denver, Colorado, in die Verenigde State toegeken. As gevolg van die finansiële- en omgewingsimpak besluit die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) later om die Spele aan Innsbruck toe te ken (soos in 1964).
XIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1976 is in Montreal, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is tussen 21 en 28 Februarie in Örnsköldsvik, Swede, gehou.
Denver is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1976. Ander kandidate was: Sion, Tampere en Vancouver-Garibaldi.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1976[3] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | ||
Denver | Verenigde State | 29 | 29 | 39 | ||
Sion | Switserland | 18 | 31 | 30 | ||
Tampere | Finland | 12 | 8 | — | ||
Vancouver—Garibaldi | Kanada | 9 | — | — |
Denver het die Spele op 15 November 1972 aan die IOK teruggegee nadat die bevolking dit in 'n referendum verwerp het en die IOK het die Spele Whistler, Brits-Columbië, aangebied, maar dié Kanadese stad het dit weens politiese verskille afgewys. Salt Lake City het homself aangebied om die Spele te hou, maar die IOK wou die Spele nie aan 'n ander Amerikaanse stad gee nie en het dit aan Innsbruck, Oostenryk, gegee.
6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top 16 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS | 79 | 13 | 6 | 8 | 27 |
2 | Oos-Duitsland (GDR) | 59 | 7 | 5 | 7 | 19 |
3 | Verenigde State (USA) | 106 | 3 | 3 | 4 | 10 |
4 | Noorweë (NOR) | 42 | 3 | 3 | 1 | 7 |
5 | Wes-Duitsland (FRG) | 71 | 2 | 5 | 3 | 10 |
6 | Finland (FIN) | 47 | 2 | 4 | 1 | 7 |
7 | Oostenryk (AUT) | 77 | 2 | 2 | 2 | 6 |
8 | Switserland (SUI) | 59 | 1 | 3 | 1 | 5 |
9 | Nederland (NED) | 5 | 1 | 2 | 3 | 6 |
10 | Italië (ITA) | 58 | 1 | 2 | 1 | 4 |
11 | Kanada (CAN) | 59 | 1 | 1 | 1 | 3 |
12 | Verenigde Koninkryk (GRB) | 42 | 1 | 0 | 0 | 1 |
13 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 58 | 0 | 1 | 0 | 1 |
14 | Liechtenstein (LIE) | 9 | 0 | 0 | 2 | 2 |
Swede (SWE) | 39 | 0 | 0 | 2 | 2 | |
16 | Frankryk (FRA) | 35 | 0 | 1 | 1 | 2 |
Totaal (16 NOKs) | 845 | 37 | 37 | 37 | 111 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.