Barcelona

hoofstad van Katalonië, Spanje From Wikipedia, the free encyclopedia

Barcelona

Barcelona (Katalaans: [bəɾsəˈlonə]; Spaans: [baɾθeˈlona]) is die hoofstad van Katalonië en die tweede grootste stedelike nedersetting in Spanje na Madrid, geleë aan die Middellandse See. Barcelona is daarnaas die elfde grootste stad in die Europese Unie en die tweede grootste stedelike nedersetting (ná Hamburg) wat nie as hoofstad van 'n lidstaat fungeer nie. Die stad is beroemd vir sy vele kunsversamelings, byvoorbeeld van Picasso, en geboue wat deur die argitek Antoni Gaudí ontwerp is.[1]

Barcelona
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
Thumb
 Land Vlag van Spanje Spanje
 Administratiewe gewes Katalonië
 Provinsie Barcelona
 Koördinate 41°23′N 02°11′O
 Stigting 3de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 101,4 vk km
 Hoogte bo seevlak 12 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 1 620 343
 - Bevolkingsdigtheid 16 000/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Ada Colau Ballano
 Amptelike webwerf www.barcelona.cat

Geografie

Barcelona is geleë in die noordooste van die Iberiese Skiereiland, aan die kus van die Middellandse See. Dit is die grootste stad wat aan die Middellandse See geleë is.

Meer inligting Weergegewens vir Barcelona Lughawe, Katalonië, Spanje, Maand ...
Weergegewens vir Barcelona Lughawe, Katalonië, Spanje
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Gemiddelde maksimum (°C) 13,4 14,36 15,9 17,6 20,5 24,2 27,5 28 25,5 21,5 17 14,3 20
Gemiddelde temperatuur (°C) 8,9 9,9 11,3 13,0 16,2 19,9 23 23,6 21,1 17 12,5 10,0 15,5
Gemiddelde minimum (°C) 4,4 5,3 6,7 8,5 12 15,7 18,6 19,3 16,7 12,6 8,1 5,7 11,1
Neerslag (mm) 41 29 42 49 59 42 20 61 85 91 58 51 640
Bron: Agencia Estatal de Meteorología[2]
Sluit

Sport

Barcelona was die gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele in 1992. Die stad is bekend vir sy sokkerklub FC Barcelona. Dit was ook een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.