Moderne vyfkamp

From Wikipedia, the free encyclopedia

Moderne vyfkamp

Die moderne vyfkamp is 'n sportwedstryd wat vyf items insluit naamlik pistoolskiet, skermdegen, 200 m vryslag swem, perdespring (toonspring) en 'n 3 km veldloop.[1] Die sport word gereguleer deur die Union Internationale de Pentathlon Moderne (UIPM), die Internasionale Moderne Vyfkamp Unie.[1]

Thumb
Piktogram wat Moderne vyfkamp aandui
Thumb
Duitse posseël wat die items van die moderne vyfkamp uitbeeld
Thumb
Moderne vyfkampers op die Spele van 2004, besig met die laaste item

Geskiedenis

Die moderne vyfkamp is uitgedink deur die baron Pierre de Coubertin, die stigter van die moderne Olimpiese Spele.[1] Die naam kom van die Grieks penta- "vyf" en -athlon "wedstryd".[1] Die toevoeging van moderne tot die naam het dit onderskei van die oorspronklike vyfkamp van die antieke Olimpiese Spele, wat bestaan het uit 'n stadion wedloop, stoei, verspring, spiesgooi en skyfwerp. Namate die oorspronklike vyfkamp rondom die vaardighede van die perfekte soldaat van daardie tyd ontstaan het, het Coubertin die wedstryd geskep om die ervarings van 'n 19de eeuse berede soldaat aan die vyandige kant te simuleer: hy moet op 'n onbekende perd ry, met 'n pistool en swaard veg, swem en hardloop.[1]

Die moderne vyfkamp is die eerste keer tydens die 1912 Olimpiese Spele gehou en is deur die Sweedse atleet, Gösta Lilliehöök gewen. Die moderne vyfkamp is sedert 1912 by elke Olimpiese Spele aangebied. 'n Afdeling vir spanne is by die 1952 Olimpiese Spele aanvaar, maar is laat vaar by die 1992 Olimpiese Spele. 'n Afdeling vir vroue is by die 2000 Olimpiese Spele aanvaar.[1] In nie-Olimpiese jare word jaarliks, sedert 1949, 'n Wêreldkampioenskap-byeenkoms gehou.

Die kompetisie het oorspronklik oor vier tot vyf dae gestrek maar met die 1996 Olimpiese Spele is 'n een-dag formaat aanvaar in 'n poging om die sport meer toeganklik vir gehore te maak.[1] Ten spyte van die wedstryd se sterk verbintenis met die moderne Olimpiese Spele (die feit dat dit die enigste sportsoort is wat uitsluitlik vir die Olimpiese Spele ontwikkel is), het die gebrek aan belangstelling buite Oos-Europa gelei tot vrae oor die voortbestaan van die sportsoort by die Olimpiese Spele. Die IOK het egter op 8 Julie 2005 gestem om die sportsoort in die Olimpiese program te hou tot ten minste die 2012 Olimpiese Spele.

Formaat

Buiten die skermkompetisie neem atlete nie direk teenoor mekaar deel in een van die vier ander items nie. 'n Beter algehele vertoning gee uiteindelik 'n hoër puntetelling; punte vir elke item word saamgevoeg om die totale punte te bereken. Dit is soortgelyk aan die prosedure vir die berekening van punte vir die tienkamp in atletiek. 'n Nuwe element is egter bekend gestel om die eindstryd meer opwindend te maak. Die laaste item is die veldloop. Deelnemers word ingedeel volgens die telling van die vorige vier items en kry verskillende wegspringtye, met die voorloper (volgens die punte) wat eerste wegspring en die ander wat verspreid volgens hulle puntestand wegspring. Die gevolg is dat die eerste persoon oor die wenstreep ook die algehele wenner van die vyfkamp is.

In November 2008 het die UIPM gestem dat die formaat aan die begin van 2009 verander gaan word. Die hardloop en skiet-items word in tandem (m.a.w. opeenvolgend) beslis. Atlete sal drie skietbeurte hê na vyf teikens, gevolg deur 'n 1000 m wedren. Dit is soortgelyk aan die tweekamp by die Olimpiese Winterspele wat 'n heg-en-steg-ski-wedloop met pistoolskiet kombineer. Die verskil is egter dat die skiërs hulle gewere saamdra maar die vyfkampatlete nie. Hierdie verandering het kritiek ontlok van persone wat meen dat die verandering die nodige vaardighede vir die sport radikaal verander. Die New York Times het selfs voorgestel dat dit verander moet word na "vierkamp" omdat twee van die vyf items in 'n enkele item saamgevat is.[1]

Die skiet-item behels die gebruik van 'n 4,5 mm luggeweer (windbuks) in 'n staande posisie op 'n afstand van 10 m na 'n stilstaande teiken. Tot en met die reëlverandering in 2008 was dit in die formaat van 'n 10 m luggeweer-kompetisie: elke deelnemer het 20 skote gehad waarvoor 40 sekondes per skoot toegelaat is. In die nuwe formaat moet, in elke drie skietrondes, elke deelnemer na vyf teikens skiet en die geweer na elke skoot herlaai; daarna mag hulle verder hardloop. 'n Skoot wat die teiken mis word nie gepenaliseer nie, maar indien die totale tyd (70 sekondes) oorskry word, kan 'n penalisasie volg.[1]

Die skerm-item maak gebruik van die skermdegen. Die kompetisie is 'n rondomtalie-toernooi, wat beteken dat elke deelnemer teen elk van die ander deelnemers te staan kom. Elke wedstryd duur een minuut; die eerste skermer om 'n "raak" aan te teken, wen outomaties. Indien geen speler binne die toegelate minuut die ander "raak" nie, verloor beide die wedstryd.

Die swem-item is 'n 200 m vryslag swem wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 300 m.[2] Deelnemers word d.m.v. uitdunne gekeur na aanleiding van hul vinnigste tye oor die afstand.

Die perdry-item behels 'n vertoonspring (show jump) item oor 'n 350–450 m baan met 12 tot 15 versperrings. Deelnemers se perde word in 'n trekking 20 minute voor die begin van die item aan hulle toegewys.

Die hardloop-item behels 'n 3 km landloop wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 4 km.[2] Die onderbreking van die pistoolskiet het wel die formaat van die wedren verander, maar nie die beginsel dat die algehele wenner die eerste is om oor die wenstreep te trap nie.[1]

Wêreldkampioene

Meer inligting Jaar, Atleet ...

Mans

Jaar Atleet Nasionaliteit
2008Ilia FrolovVlag van Rusland Rusland
2007Viktor HorvathVlag van Hongarye Hongarye
2006Edvinas KrungolcasVlag van Litaue Litaue
2004Andrejus ZadneprovskisVlag van Litaue Litaue
2003Eric WaltherVlag van Duitsland Duitsland
2002Michal SedleckýVlag van Tsjeggië Tsjeggiese Republiek
2001Gábor BaloghVlag van Hongarye Hongarye
2000Andrejus ZadneprovskisVlag van Litaue Litaue
1999Gábor BaloghVlag van Hongarye Hongarye
1998Sebastien DeleigneVlag van Frankryk Frankryk
1997Sebastien DeleigneVlag van Frankryk Frankryk
1995Dmitri SvatkovskiVlag van Rusland Rusland
1994Dmitri SvatkovskiVlag van Rusland Rusland
1993Richard PhelpsVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
1991Arkadiusz SkrzypaszekVlag van Pole Pole
1990Gianluca TibertiVlag van Italië Italië
1989László FabianVlag van Hongarye Hongarye
1987Joël BouzouVlag van Frankryk Frankryk
1986Carlo MassulloVlag van Italië Italië
1985Attila MizserVlag van Hongarye Hongarye
1983Anatoli StarostinVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1982Daniele MasalaVlag van Italië Italië
1981Janusz Pyciak-PeciakVlag van Pole Pole
1979Robert NiemanVlag van Verenigde State van Amerika VSA
1978Pavel LednevVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1977Janusz Pyciak-PeciakVlag van Pole Pole
1975Pavel LednevVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1974Pavel LednevVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1973Pavel LednevVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1971Boris OnishchenkoVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1970Péter KelemenVlag van Hongarye Hongarye
1969András BalczoVlag van Hongarye Hongarye
1967András BalczoVlag van Hongarye Hongarye
1966András BalczoVlag van Hongarye Hongarye
1965András BalczoVlag van Hongarye Hongarye
1963András BalczoVlag van Hongarye Hongarye
1962Eduard SdobnikovVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1961Igor NovikovVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1959Igor NovikovVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1958Igor NovikovVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1957Igor NovikovVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1955Konstantion SalnikovVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1954Björn ThofeltVlag van Swede Swede
1953Gábor BenedekVlag van Hongarye Hongarye
1951Lars HallVlag van Swede Swede
1950Lars HallVlag van Swede Swede
1949Tage BjurefeltVlag van Swede Swede

Vroue

Jaar Atleet Nasionaliteit
2008Amélie CazéVlag van Frankryk Frankryk
2007Amélie CazéVlag van Frankryk Frankryk
2006Marta DziaduraVlag van Pole Pole
2005Claudia CorsiniVlag van Italië Italië
2004Zsuzsanna VörösVlag van Hongarye Hongarye
2003Zsuzsanna VörösVlag van Hongarye Hongarye
2002Bea SimokaVlag van Hongarye Hongarye
2001Stephanie CookVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2000Pernille SvarreVlag van Denemarke Denemarke
1999Zsuzsanna VörösVlag van Hongarye Hongarye
1998Anna SulimaVlag van Pole Pole
1997Jelisaweta SuworowaVlag van Rusland Rusland
1996Janna Dolgaschewa-SchubenokVlag van Belarus Belo-Rusland
1995Kerstin DanielssonVlag van Swede Swede
1994Eva FjellerupVlag van Denemarke Denemarke
1993Eva FjellerupVlag van Denemarke Denemarke
1992Iwona KowalewskaVlag van Pole Pole
1991Eva FjellerupVlag van Denemarke Denemarke
1990Eva FjellerupVlag van Denemarke Denemarke
1989Lori NorwoodVlag van Verenigde State van Amerika VSA
1988Dorota IdziVlag van Pole Pole
1987Irina KisselyevaVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1986Irina KisselyevaVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1985Barbara KotowskaVlag van Pole Pole
1984Svetlana JakovlevaVlag van Sowjetunie Sowjetunie
1983Lynn ChernobrywyVlag van Kanada Kanada
1982Wendy NormanVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
1981Ann AhlgrenVlag van Swede Swede
Sluit

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.