From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Afrikanasiesbeker (amptelike naam in Frans: Coupe d'Afrique des Nations (CAN) of Engels: African Cup of Nations) is 'n sokkertoernooi wat deur Afrikalande beslis word. Die kampioenskap word deur CAF, die Konfederasie van Afrikasokker gereël. Dit is tussen 1957 en 1968 met onreëlmatige tussenposes gespeel. Van 1968 af is die kampioenskap al om die twee jaar in ewe jare aangebied, maar sedert 2013 word dit in onewe jare gehou om nie in dieselfde jaar van die Sokker-Wêreldbeker aangebied te word nie.[1]
Die eerste toernooi is in Februarie 1957 in Soedan aangebied. Soedan, Egipte, Ethiopië en Suid-Afrika het hiervoor ingeskryf, maar Suid-Afrika is om politieke redes uitgesluit. In 1962 neem vier lande aan die toernooi deel en vind daar vir die eerste keer kwalifiserende wedstryde plaas. In 1963 word die deelnemende lande tot ses uitgebrei, in 1968 tot agt en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2019 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.
Suid-Afrika het vir die eerste keer in 1996 aan die 20ste Afrikanasiesbeker deelgeneem, nadat hulle nie in 1994 kon kwalifiseer nie. Die kompetisie is die jaar ook vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Dit is dan ook die eerste en enigste keer wat Bafana-Bafana die trofee ingepalm het nadat hulle Tunisië op hulle tuisveld in die eindstryd verslaan het.
Ivoorkus wen in 2023 die mees onlangse toernooi en hou tans die beker. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2017 het die wenner van die mees onlangse Afrikanasiesbeker vir die daaropvolgende Sokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer. Dié toernooi is in Maart 2019 egter deur FIFA geskrap.
Titels | Land | Gewen in: |
---|---|---|
7 | Egipte | 1957, 1959, 1986, 1998, 2006, 2008, 2010 |
5 | Kameroen | 1984, 1988, 2000, 2002, 2017 |
4 | Ghana | 1963, 1965, 1978, 1982 |
3 | Ivoorkus | 1992, 2015, 2023 |
3 | Nigerië | 1980, 1994, 2013 |
2 | Algerië | 1990, 2019 |
2 | DR Kongo | 1968, 1974 |
1 | Ethiopië | 1962 |
1 | Marokko | 1976 |
1 | Kongo | 1972 |
1 | Senegal | 2021 |
1 | Soedan | 1970 |
1 | Suid-Afrika | 1996 |
1 | Tunisië | 2004 |
1 | Zambië | 2012 |
Jahr | Eerste deelname | |||
---|---|---|---|---|
1957 | Egipte | Ethiopië | Soedan | |
1959 | ( V.A.R.) | |||
1962 | Uganda | Tunisië | ||
1963 | Ghana | Nigerië | ||
1965 | DR Kongo | Ivoorkus | Senegal | |
1968 | Algerië | R Kongo | Uganda | |
1970 | Guinee | Kameroen | ||
1972 | Kenia | Mali | Marokko | Togo |
( VR Kongo) | ( Zaïre) | |||
1974 | Mauritius | Zambië | ||
1976 | – | – | – | – |
1978 | Burkina Faso | |||
1980 | Tanzanië | |||
1982 | Libië | |||
1984 | Malawi | |||
1986 | Mosambiek | |||
1988 | – | – | – | – |
1990 | – | – | – | – |
1992 | – | – | – | – |
1994 | Gaboen | Sierra Leone | ||
1996 | Angola | ( Burkina Faso) | Liberië | Suid-Afrika |
1998 | Namibië | |||
2000 | – | – | – | – |
2002 | – | – | – | – |
2004 | Benin | Rwanda | Zimbabwe | |
2006 | – | – | – | – |
2008 | – | – | – | – |
2010 | – | – | – | – |
2012 | Ekwatoriaal-Guinee | Botswana | Niger | |
2013 | Kaap Verde | |||
2015 | – | – | – | – |
2017 | Guinee-Bissau | |||
2019 | Burundi | Madagaskar | Mauritanië | |
2021 | Comore-eilande | Gambië | ||
2023 | geen |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.