From Wikipedia, the free encyclopedia
Die UEFA Europa-beker (Engels: UEFA European Football Championship) is 'n sokkertoernooi wat al om die vier jaar deur UEFA vir nasionale sokkerspanne in Europa georganiseer word. Die toernooi word altyd tussen twee FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie beslis, en word na die Wêreldbeker as die belangrikste internasionale sokkertoernooi ter wêreld beskou. In 1960 is die Europese kampioenskap vir die eerste keer beslis. Spanje het met vier keer die meeste EK's gewen, gevolg deur Duitsland met drie, asook Frankryk en Italië met elk twee titels. Spanje is tans die kampioen, nadat hulle tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2024 in Duitsland hul vierde titel ingepalm het.
Tussen 1960 en 1976 neem vier lande aan die toernooi deel en sedertdien vind kwalifiserende wedstryde plaas. In 1980 word die deelnemende lande tot agt uitgebrei en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2016 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.
Die huidige formaat van die kampioenskap behels sedert 2016 24 spanne wat meeding om die titel by stadions in die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Europese kampioenskap genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van een jaar voor die kampioenskap plaas, waartydens bepaal word welke spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2016 het die wenner van die mees onlangse UEFA Europa-beker vir die daaropvolgende Sokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer.[1] Dié toernooi is in Maart 2019 egter deur FIFA geskrap.
Die mees onlangse toernooi het in 2024 in verskeie stede van Duitsland plaasgevind. Die volgende toernooi sal in 2028 in die Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland aangebied word.
Plek | Land | Titels | Jaar/Jare |
---|---|---|---|
1 | Spanje | 4 | 1964, 2008, 2012, 2024 |
2 | Duitsland | 3 | 1972, 1980, 1996 |
3 | Frankryk | 2 | 1984, 2000 |
Italië | 2 | 1968, 2020 | |
5 | Sowjetunie | 1 | 1960 |
Tsjeggië | 1 | 1976 | |
Nederland | 1 | 1988 | |
Denemarke | 1 | 1992 | |
Griekeland | 1 | 2004 | |
Portugal | 1 | 2016 |
1960 | Frankryk | Joego-Slawië | Sowjetunie | Tsjeggo-Slowakye |
---|---|---|---|---|
1964 | Denemarke | Spanje | Hongarye | |
1968 | Engeland | Italië | ||
1972 | België | Wes-Duitsland | ||
1976 | Nederland | |||
1980 | Griekeland | |||
1984 | Portugal | Roemenië | ||
1988 | Ierland | |||
1992 | ( Gemenebes van Onafhanklike State) | Swede | Skotland | |
1996 | Bulgarye | Kroasië | ( Rusland) | Switserland |
( Tsjeggië) | Turkye | |||
2000 | ( Serwië en Montenegro) | Noorweë | Slowenië | |
2004 | Letland | |||
2008 | Oostenryk | Pole | ||
2012 | Oekraïne | |||
2016 | Albanië | Noord-Ierland | ( Slowakye) | Wallis |
Ysland | ||||
2020 | Finland | ( Noord-Masedonië) | ||
2024 | Georgië | ( Serwië) |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.