Zambië
Republiek in die Suider-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Zambië (Engels: Zambia), amptelik die Republiek Zambië (Engels: Republic of Zambia), is 'n republiek in die noorde van Suider-Afrika wat geheel en al deur ander lande omring word (landingeslote land). Volgens sy oppervlakte die 38ste grootste land ter wêreld, maar sy geskatte bevolking van 17,3 miljoen, is slegs die 65ste grootste ter wêreld. Dit word deur die Demokratiese Republiek die Kongo, Tanzanië, Malawi, Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië en Angola begrens. Die hoofstad en grootste stad is Lusaka met 1,7 miljoen inwoners, drie keer meer as Ndola en Kitwe, onderskeidelik die tweede en derde grootste stede, albei in die Koperstreek. Die meeste inwoners woon in 'n strook weerskante van die hoofpad en -spoorlyn, wat strek van Livingstone in die suide, oor Lusaka tot in die Koperstreek.
| |||||
Nasionale leuse: One Zambia, One Nation (Engels vir: "Een Zambië, een nasie") | |||||
Volkslied: Stand and Sing of Zambia, Proud and Free (Engels vir: "Staan en sing van Zambië, trots en vry") | |||||
Hoofstad | Lusaka | ||||
Grootste stad | Lusaka | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Hakainde Hichilema Mutale Nalumango | ||||
Onafhanklikheid | 1 April 1924 1 Augustus 1953 24 Oktober 1964 24 Augustus 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
752 618[1] km2 (38ste) 290 587 myl2 1 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
17 351 708[2][3] (65ste) 13 092 666[4] 17,2 / km2 (191ste) 44,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,584[6] (146ste) – medium | ||||
Gini (2015) | 57,1[7] – hoog | ||||
Geldeenheid | Kwacha (ZMW ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
SAT (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .zm | ||||
Skakelkode | +260 |
Zambië word reeds duisende jare lank bewoon deur jagter-versamelaars en nomadiese stamme. Ná sporadiese besoeke deur Europese verkenners van die begin van die 18de eeu af het die Britte Zambië geleidelik opgeëis en laat in die 19de eeu beset as die protektoraat Noord-Rhodesië, wat aanvanklik geadministreer is deur British South Africa Company.
Die protektoraat het op 24 Oktober 1964 onafhanklik geword as Zambië, wat afgelei is van die Zambezirivier, wat die land se suidelike grens uitmaak.
President Kenneth Kaunda het die republiek 27 jaar lank as eenpartystaat met 'n sterk sosialistiese inslag geregeer. Hy het uiteindelik toegegee aan die opposisie se eise vir 'n veelpartyverkiesing en in 1991 sy mag prysgegee. Sedertdien is Zambië 'n veelpartydemokrasie. Die land staar reuse-uitdagings in die gesig weens armoede en MIV/vigs. 'n BBP per persoon van VS$1 700 (2012-skatting) plaas Zambië 200ste op die wêreldranglys, oftewel die 29ste armste.[8]