From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oostelike Provinsie is een van Zambië se tien provinsies en, soos die naam aandui, in die ooste van die land geleë. Dit grens in die weste aan die Lusaka-provinsie, die Sentrale Provinsie en die Demokratiese Republiek van die Kongo, in die noordweste en noorde aan die Noordelike Provinsie, in die ooste aan Malawi en in die suide aan Mosambiek. Die provinsie beslaan 69 106 km2, die sesde grootste in die land. Die geskatte bevolking in 2009 was 1 753 369, die derde meeste.
Die hoofstad is Chipata aan die grens met Malawi. Die dorp se bevolking het snel toegeneem van 52 213 volgens die 1990-sensus tot 105 400 (2009-skatting). Ander belangrike dorpe (met geskatte bevolking in 2009 tussen hakies) is Petauke (26 065), Katete (15 578) en Lundazi (15 190).[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.