Die Stalspryse is ’n prys deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies by voorkeur in Afrikaans, asook vir indiwiduele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word. Sedert 1969 kan dit net een maal aan ’n persoon toegeken word. Die Stalspryse se ontstaan kan teruggevoer word tot Jaarvergaderings in die dertigerjare waar die behoefte uitgespreek is aan ’n prys, soortgelyk aan die Hertzogprys, vir hoogstaande wetenskaplike prosa in die geesteswetenskappe in Afrikaans. In 1942 het die Akademieraad besluit dat die Hertzogprys om die helfte verdeel word tussen bellettrie en sulke “wetenskaplike prosageskrifte”. So kry prof. J. du P. Scholtz in 1943 die Hertzogprys vir Wetenskaplike Prosa vir Die Afrikaner en sy taal, en dr. Coenraad Beyers in 1944 vir Die Kaapse Patriotte. (In 1942 is die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegniek tot die Akademie toegevoeg en versoeke is deur dié Fakulteitsraad gerig dat ook natuurwetenskaplike werke vir die Hertzogprys in aanmerking moes kom.)
Hierdie reëling was onbevredigend en in 1946 besluit die Akademieraad om ’n aparte “Akademieprys vir Geesteswetenskappe” in te stel. In 1955 word die naam verander na Stalsprys vir Geesteswetenskappe, genoem na wyle dr. A.J. Stals, Minister van Onderwys en Gesondheid in die eerste Malan-kabinet.
Sommige vakgebiede wat vroeër by die Stalsprys geressorteer het, het intussen ’n eie tuiste gevind: Regswetenskap (die Toon van den Heeverprys), Taalwetenskap (die C.J. Langenhovenprys) en Literatuurwetenskap (die Gustav Prellerprys). In 1980 is die Stalsprys vir Teologie vervang deur die Totiusprys.
1947 – Taal- en Literatuurwetenskap: Prof. G.S. Nienaber (Die Afrikaanse beweging, Honderd jaar Hollands in Natal, Gedenkalbum van die Natalse N.G. Kerk, Klaas Waarzegger se Zamenspraak en brieve uit 1861, Afrikaans tot 1860, Die Afrikaanse geskrifte van Samuel Zwaartman)
1948 – Geskiedenis: Prof. P.J. van der Merwe (Die noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770–1842), Die trekboer in die geskiedenis van die Kaapkoloni (1657–1842), Trek: studies oor die mobiliteit van die pioniersbevolking van die Kaap)
1950 – Regswetenskap: Dr. L.C. Steyn (Die uitleg van wette)
1951 – Taal- en Literatuurwetenskap: Prof. P.J. Nienaber (Bibliografie van Afrikaanse boeke, Deel II, Bronnegids by die studie van Afrikaanse taal- en letterkunde, Die geskiedenis van die Afrikaanse Bybelvertaling, Deel II, Die Vrystaatse taalbeweging)
1952 – Geskiedeniswetenskap: Prof. H.B. Thom (Die lewe van Gert Maritz), dr. G.D. Scholtz (Oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog)
1955 – Taalwetenskap: Prof. J.L.M. Franken (Taalhistoriese bydraes, Tentatiewe etimologieë, Die Afrikaanse van Boniface)
1965 – Kultuurgeskiedenis: Prof. A.J. Böeseken (Simon van der Stel en sy kinders); Sielkunde: Prof. F.W. Blignaut (Die invloed van langdurige oormatige gebruik van alkohol op tien generasies van die witmuis (Mus musculus) – ’n eksperimentele ondersoek na die uitwerking van etielalkohol op funksionele prosesse); Opvoedkunde: Prof. B.F. Nel (Grondslae van die psigologie en Pedagogiese verwaarlosing)
1967 – Kultuurgeskiedenis: Dr. J. Bouws; Taalwetenskap: Prof. S.P.E. Boshoff en prof. G.S. Nienaber (Afrikaanse etimologieë)
1971 – Ekonomie: Prof. J.L. Sadie; Geskiedenis: Dr. W.J. de Kock (postuum); Staatswetenskap: Prof. A.H. Murray
1972 – Aardrykskunde: Prof. P. Smit; Afrikanistiek: Prof. G.M.E. Leistner; Opvoedkunde: Prof. C.F.G. Gunter
1973 – Kultuurgeskiedenis: Prof. F.A. van Jaarsveld (Die Afrikaner en sy geskiedenis, Lewende verlede)
1974 – Geskiedenis: Prof. D.J. Kotzé (sy reeks boeke oor Nasionalisme as historiese faktor); Kunsgeskiedenis: Prof. J. du P. Scholtz (Strat Caldecott en D.C. Boonzaaier en Pieter Wenning: verslag van ’n vriendskap); Ekonomie: Prof. W.F.J. Steenkamp (sy publikasies oor arbeidsvraagstukke en koöperasies); Wysbegeerte: Prof. H.J. de Vleeschauwer (sy geskrifte oor die geskiedenis van die Wysbegeerte)
1975 – Opvoedkunde: Prof. J.G. Garbers, prof. M.C.H. Sonnekus
1989 – Staatswetenskap en Ontwikkelingsadministrasie: Prof. J.H. Coetzee; Wysbegeerte: Prof. D.F.M. Strauss; Geskiedenis: Prof. F.A. van Jaarsveld; Ekonomie: Prof. J.A. Groenewald
1990 – Opvoedkunde: Prof. T.R. Botha; Afrikatale: Prof. E.B. van Wyk; Aardrykskunde: Prof. W.S. Barnard; Sosiologie: Prof. D.D. Joubert
1991 – Sielkunde: Prof. D.A. Louw; Kultuurgeskiedenis: Prof. C.F.J. Muller
1992 – Ekonomie: Prof. J.J. Stadler, prof. S.J. Terblanche; Wysbegeerte: Prof. M.E. Botha
1993 – Volkekunde: Prof. R.D. Coertze; Sosiologie: Prof. H.C.J. van Rensburg; Aardrykskunde: Prof. P.S. Hattingh
1995 – Geskiedenis: Prof. D.J. van Zyl; Staatswetenskap en Ontwikkelingsadministrasie: Prof. Christopher Thornhill; Ekonomie: Prof. S. Marx; Wysbegeerte: Prof. A.A. van Niekerk
1996 – Afrikatale: Prof. P.S. Groenewald; Opvoedkunde: Prof. P.C. van der Westhuizen
1997 – Sielkunde: Prof. I. van W. Raubenheimer; Kultuurgeskiedenis: Mnr. Karel Schoeman; Kunsgeskiedenis: Prof. G.M. Ballot
1998 – Ekonomie: Prof. G.L. de Wet (postuum); Filosofie: Prof. H.W. Rossouw; Sosiologie: Prof. J.B. du Toit; Geskiedwetenskappe (Kultuurgeskiedenis): Prof. F. Pretorius
1999 – Verpleegkunde: Prof. M.J. Viljoen; Bestuur: Dr. H.J.J. Reynders; Bewegingskunde: Dr. F.J.G. van der Merwe
2000 – Multi- en Interdissiplinêre spanwerk: Prof. J. Mouton; Kommunikasiekunde en joernalistiek: Prof. A.S. de Beer; Sielkunde: Prof. D.J.W. Strümpfer; Kunstegeskiedenis: Prof. D.J. van den Berg
2001 – Geskiedwetenskappe: Prof. J.C. Steyn; Filosofie: Prof. A.B. du Toit; Politieke wetenskappe: Prof. H.B. Giliomee
2002 – Menslike bewegingskunde: Prof. J.H. de Ridder; Verpleegkunde: Prof. Marie Poggenpoel
2003 – Kommunikasie: Prof. P.J. Fourie; Kunstewetenskappe: Prof. E.A. Maré; Sielkunde: Prof. M.P. Wissing
2004 – Filosofie: Prof. G. Olivier; Geskiedetenskappe: Prof. H.B. Giliomee
2005 – Maatskaplike werk: Prof. H. Strydom; Geografie: H.L. Zietsman
2006 – Multi- en Interdissiplinêre navorsing: Prof. F.P. Retief, prof. Louise Cilliers; Kunstegeskiedenis: Dr. Frieda Harmsen-Van Proosdij
2007 – Ekonomiese en bestuurswetenskappe: Prof. D.S. Lubbe; Politieke wetenskap: Prof. P. du Toit; Algemene wetenskapsleer en Algemene navorsingsmetodologie: Prof. J. Mouton; Geskiedwetenskappe: Prof. G.J. Schutte
2009 – Multi- en Interdissiplinêre navorsing: Dr. H.C. Marais; Kunstegeskiedenis: Prof. A.E. Duffey; Sielkunde: Prof. J.G. Maree; Biblioteek- en inligtingkunde: Prof. C.S. de Beer
2010 – Geskiedwetenskappe: Prof. P.H. Kapp; Filosofie: Prof. B.J. van der Walt; Politieke wetenskappe: Samestellers van die Nuwerwetse Politieke Woordeboek; Ekonomie: Prof. P. Styger
2011 – Opvoedkunde: Prof. J.L. van der Walt; Maatskaplike werk: Prof. Sulina Green
2012 – Multi- en Interdissiplinêre spanwerk: Prof. A. Kruger; Kunstewetenskappe: Prof. K.H. Dietrich
2013 – Geskiedwetenskappe: Prof. Albert Grundlingh; Filosofie en etiek: Prof. P.H. Spies; Politieke wetenskap: Prof. G.C. Olivier; Ekonomie: Prof. P.J. Mohr
2014 – Opvoedkunde: Prof. J.G. Maree; Verpleegkunde: Prof. Minrie Greeff; Geografie: Prof. E.C. Liebenberg[1]
2015 – Multi- en Interdissiplinêre spanwerk: Prof. G.B. van Huyssteen; Kommunikasiekunde en joernalistiek: Prof. Lizette Rabe; Sielkunde: Prof. L.P. Swartz[2]
2016 – Geskiedwetenskappe: Prof. E.L.P. Stals; Politieke wetenskap: Prof. D.J. Geldenhuys; Ekonomie: Prof. Estian Calitz[3]
2017 – Maatskaplike werk: Prof. L.K. Engelbrecht[4]
2018 – Kommunikasiekunde en joernalistiek: Prof. Herman Wasserman; Sielkunde: Prof. L.M. Richter[5]
2019 – Geskiedeniswetenskappe: Prof. André Wessels; Ekonomie: Prof. Jannie J. Rossouw; Filosofie en Etiek: Prof. Johan Snyman[6]
2020 – Maatskaplike werk: Prof. Antoinette Lombaard; Opvoedkunde: Prof. Bettie Wiecers; Stads- en Streeksbeplanning: Prof. J.J. (Das) Steÿn[7]
2021 – Sieklunde: Prof. W.J. (Wilhelm) Jordaan; Multi- en interdissiplinêre spanwerk: Prof. Juanita Bornman; Kunstewetenskappe: Prof. Janine Allen-Spies[8]