9 Februarie – Die skielike dood van Álvaro de Bazán, 1ste Markies van Santa Cruz, te midde van voorbereidings vir die Spaanse Armada, dwing koning Filip II van Spanje om 'n nuwe bevelvoerder vir die vloot te kies. Die hertog van Medina Sidonia, Don Alfonso de Guzmán word aangestel om 'n Spaanse inval teen die Engelse te lei.
14 Maart – Pous Sixtus V verklaar St. Bonaventure tot doktor van die Kerk.
12 Mei – Dag van die Barricades in Parys. Hertog Hendrik van Guise neem beheer van die stad oor. Koning Hendrik III van Frankryk vlug gevolglik uit die stad.
28 Mei – Die Spaanse Armada, met 130 skepe en 30000 bemanning aan boord begin om vanaf Spanje na die Engelse Kanaal te seil (Dit neem twee dae vir al die skepe om die hawe te verlaat).
Julie tot Desember
19 Junie – Die Spaanse Armada vertrek na Corunna (in Spaans: A Coruña).
Julie – Koning Hendrik III van Frankryk gee homself aan die hertog van Guise oor en keer terug na Parys.
4 Julie – Engelse skepe word uitgestuur om die posisie van die Spaanse Armada te bepaal.
15 Julie – Pous Sixtus V stel Gian Francesco Mosorini, biskop van Brescia, aan as kardnaal.
21 – 22 Julie – Die Engelse skepe keer terug na Plymouth terwyl die Spanjaarde vas op koers is na Engeland. Die hertog van Medina Sidonia seil in die vlagskip, San Martin saam met Admiraal Juan Martinez de Recalde.
27 Julie – Die Spanjaarde gooi anker aan die kus van Calais in 'n halfmaan-vormige, diggepakte verdedigende formasie nie ver van die hertog van Parma se leër van 16 000 nie. Hulle het anker gegooi by Duinkerken.
29 Julie – Die Engelse steek agt skepe (gevul met pik, buskruit en teer) aan die brand. Die brandende skepe is toe windaf laat vaar tot tussen die diggeankerde Spaanse skepe. Talle skepe is in hierdie aanval vernietig.
30 Julie – Die Spaanse Armada word gesien waar dit die kus van Cornwall nader.
31 Julie – Die eerste skermutseling tussen die Engelse en die Spaanse vlote aan die kus van Plymouth is 'n oorwinning vir die Engelse. Die San Salvador slaan aan die brand en ontplof.
1 Augustus – Sir Francis Drake lê beslag op een van die grootste skepe in die Spaanse vloot, die Neustra Senora del Rosario.
2 Augustus – Die Engelse en die Spaanse vlote is weer betrokke in 'n skermutseling langs die kus van Dorset. Die Engelse vloot, onder leiding van Sir Francis Drake en Heer Howard van Effingham treë weereens as oorwinnaars uit die stryd.
4 Augustus – Die Engelse en Spanjaarde is betrokke by 'n skermutseling aan die kus van die Eiland Wight.
6 Augustus – Slag van Gravelines. Die Spaanse Armada word aan die kus van Gravelines, Spaanse-Nederlande (vandag deel van Frankryk) verslaan.
7 Augustus – Die Engelse en Spaanse vlote raak weer haaks, die keer aan die kus van Vlaandere.
8 – 9 Augustus- Die Spanjaarde slaag nie daarin om die kus van Vlaandere waar hulle die hertog van Parma sou ontmoet en hergroepeer, te bereik nie. Die hertog van Medina Sidonia besluit om terug te keer na Spanje.
10 – 11 Augustus – Engelse skepe sit die vlugtende Spaanse Armada agterna.
12 Augustus – Die Spaanse vloot seil verby die Firth of Forth. Die Engelse staak hulle agtervolging. Die Spaanse vloot word egter byna heeltemal deur 'n storm vernietig toe hulle verby Skotland en Ierland seil.
14 Desember – Pous Sixtus V stel Agostino Cusani en Francesco Maria del Monte Santa Maria aan as kardinale.
23 Desember – Hendrik III van Frankryk bots met sy ultra-Katolieke vyande. Die hertog van Guise en sy broer, Kardinaal Lodewyk II van Guise word vermoor terwyl die kardinaal van Bourbon, Karel I gevange geneem word. Dit het tot gevolg dat groot dele van Frankryk die koningskap van Hendrik III nie aanvaar nie. Dit dwing hom om hom by Hendrik van Navarre te skaar.
Ahmad al-Mansur, sultan van Marokko eis dat die koning van Songhay 'n duur hulde in ruil vir sout van die Sahara moet betaal, waarskynlik 'n doelbewuste poging om hom uit te lok. Die koning van Songhay antwoord egter hierop uitdagend wat tot gevolg het dat die Sultan van Marokko oorlog verklaar.
Thomas Cavendish keer terug na Engeland en word sodoende die derde persoon om reg rondom die aarde te vaar.
Skepe van die Spaanse Armada keer stuks-stuks terug na Spanje in 'n gehawende toestand. Dit word al hoe meer duidelik dat die Spanjaarde groot verliese gelei het in terme van bemanning en skepe.