From Wikipedia, the free encyclopedia
Frederik II (1 Julie 1534 - 4 April 1588) was van 1559 tot met sy dood koning van Denemarke en Noorweë en Hertog van Sleeswyk.[1]
Frederik II | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Portret deur Hans Knieper of Melchior Lorck, 1581. | |
Tydperk | 1 Januarie 1559 – 4 April 1588 |
Voorganger | Christiaan III |
Opvolger | Christiaan IV |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Sophie van Mecklenburg-Güstrow |
Vader | Christiaan III |
Moeder | Dorothea van Sakse-Lauenburg |
Gebore | 1 Julie 1534, Haderslev |
Oorlede | 4 April 1588 (op 53), Antvorskov-kasteel |
Hy was die seun van Christiaan III en Dorothea van Sakse-Lauenburg. Anders as sy pa het hy sterk militêre ideale gehad. Reeds as jong man het hy bevriend geraak met Duitse oorlogsprinse. Kort ná sy troonbestyging, in die somer van 1559, het hy sy eerste oorwinning behaal met die verowering van Dithmarschen in Sleeswyk-Holstein.[2]
Sy mededinging met Swede om oorheersing in die Baltiese streek het in 1563 gelei tot die Sewejarige Oorlog, die hoofkonflik van sy bewind. Hy het Swede vergeefs probeer verower; dié is regeer deur sy neef, koning Erik XIV. Dit het ontwikkel in ’n uiters duur oorlog waarin Noorweë byna verloor is. Die konflik het sy verhouding met sy adellike raadgewers geskaad, maar die Sture-moorde op 24 Mei 1567 deur die waansinnige koning Erik XIV in Swede het gehelp om die situasie in Denemarke te stabiliseer.
Nadat Erik se opvolger, Johan III van Swede, geweier het om ’n vredesverdrag te aanvaar wat Denemarke bevoordeel, het die oorlog voortgesleep totdat dit beëindig is deur ’n status quo-vrede met die Verdrag van Stettin (1570). Denemarke is nie te veel daardeur verneder nie, maar dit het die perke van die Deense militêre mag uitgelig.[3]
Ná die oorlog het Frederik die vrede bewaar sonder om sy pogings prys te gee om sy aansien as ’n vlootheerser uit te brei. Hy staan uit as ’n tipiese Renaissance-heerser van Denemarke. Hy was lief vir jag, wyn, vroue en feeste. As ’n persoon is hy dikwels beskryf as vurig, ydel, dapper en ambisieus.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.