Duinkerken

Gemeente in Frankryk From Wikipedia, the free encyclopedia

Duinkerken

Duinkerken (Frans: Dunkerque, Nederlands: Duinkerke of Duinkerken, Engels: Dunkirk, Duits: Dünkirchen) is 'n nywerheids- en hawestad in die noorde van Frankryk, in die département Nord in die gewes Hauts-de-France, naby aan die Belgiese grens. Die stad het omtrent negentigduisend inwoners.[1] Duinkerken is die hoofstad van die gelyknamige arrondissement wat rofweg gelykstaande is aan die Weshoek in Frans-Vlaandere.

Meer inligting Ville de DunkerqueDuinkerken ...

Ville de Dunkerque
Duinkerken
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
Thumb
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Hauts-de-France
 Département Nord
 Koördinate 51°02′N 2°23′O
 Stigting 7de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 43,89 vk km
 Hoogte bo seevlak 0-17 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 89 882
 - Bevolkingsdigtheid 2 088/vk km
 - Metropolitaanse gebied 257 259
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Patrice Vergriete
 Amptelike webwerf ville-dunkerque.fr
Sluit

Duinkerken is deur die Vlaamse grawe gestig om as 'n hawe aan die Noordsee te dien. Die stad is van historiese belang veral vanweë die Duinkerken-Kapers in die Tagtigjarige oorlog, en ook as die basis vir die ontruiming van geallieerde troepe na Engeland gedurende die Slag van Duinkerken tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.