Nord

Franse departement From Wikipedia, the free encyclopedia

Nord
Remove ads

Nord (Nederlands: Noorderdepartement; 59) is die noordelikste van die Franse départements, en sy naam is dan ook van sy geografiese ligging afgelei. Met 'n oppervlakte van 5 743 vierkante kilometer en 'n bevolking van 2 576 770 (2010) is Nord die digbevolkste département van Frankryk.

Nord (59)
Thumb
Thumb
GewesHauts-de-France
PrefektuurLille
OnderprefektureAvesnes-sur-Helpe
Cambrai
Douai
Dunkerque
Valenciennes
Bevolking2 576 770 inw.
(2010)
Bevolkingsdigtheid449 inw./vk km
Oppervlakte5 743 vk km
Arrondissemente6
Kantonne79
Munisipaliteite650
President van die
Conseil général
Patrick Kanner

Die prefektuur (hoofstad) van Nord is Lille. Sowat 20 000 mense in die noordelike arrondissement Duinkerken praat 'n Wes-Vlaamse dialek as omgangstaal (sien Frans-Vlaandere).

Remove ads

Geskiedenis

Nord bestaan hoofsaaklik uit die Franse gedeelte van die graafskap Vlaandere, behalwe vir die westelike gebiede wat in die jaar 1237 as die graafskap Artois afgesplits is en tans deel uitmaak van die départements Pas-de-Calais en Hainault. Hierdie gebied het oorspronklik tot die Spaanse Nederlande behoort, maar is volgens die ooreenkomste van 1659, 1668 en 1678 by Frankryk ingelyf.

Die département Nord is tydens die Franse Rewolusie volgens die wet van 22 Desember as een van die 83 départements op 4 Maart 1790 gestig.

Remove ads

Geografie

Die département Nord grens aan die Noordsee, België en die Franse départements Pas-de-Calais, Aisne en Somme. Die belangrikste riviere is die Yser, die Lys, die Escaut, die Scarpe en die Sambre. Die Deûle-kanaal loop deur die prefektuur (hoofstad) Lille.

Administratiewe gebiede

Meer inligting Arrondissement, Bevolking (1999) ...
Meer inligting Die départements van Frankryk (Départements français) ...
Remove ads
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads