From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term arrondissement is afgelei van die Franse woord arrondir ("afrond") en verwys na die administratiewe onderverdeling van 'n Franse département, 'n Belgiese provinsie en 'n aantal stede in die Kanadese provinsie Quebec. In Frankryk word die term ook as 'n vertaling vir soortgelyke administratiewe verdelings van byvoorbeeld buitelandse stede soos Moskou en Wene gebruik.
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Daar bestaan 342 arrondissemente in Frankryk. Die hoofstad (Frans: chef-lieu) van 'n arrondissement is die onderprefektuur (Frans: sous-préfecture), met 'n onderprefek as hoof van die plaaslike administrasie. Die arrondissemente is verder verdeel in kantons (Frans: cantons), terwyl die kantons uit die verskillende munisipaliteite (Frans: commune, wat stede en dorpe insluit) bestaan.
Groot Franse stede soos Parys, Marseille, Bordeaux en Lyon is ook in sogenaamde kommunale arrondissemente verdeel wat administratief gelykstaan aan kantons.
België is in administratiewe opsig verdeel in geweste, provinsies, arrondissemente en munisipaliteite.
'n Aantal stede in die Franstalige Kanadese provinsie Quebec is verdeel in arrondissemente. Hierdie administratiewe verdeling bestaan in Montreal, Gatineau, Quebecstad, Saguenay, Longueuil, Sherbrooke, Cookshire-Eaton, Grenville-sur-la-Rouge, Lévis en Métis-sur-Mer. Ook die eilandgroep van die Magdalene-eilande is verdeel in arrondissemente.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.