21 Julie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
21 Julie is die 202de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (203de in skrikkeljare). Daar volg nog 163 dae in die res van die jaar.
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 230 – Pous Pontianus volg Pous Urbanus I op.
- 649 – Pous Martinus I volg Pous Theodorus I op.
- 1298 – Edward I van Engeland verslaan William Wallace se Skotse rebelle by die Slag van Falkirk.
- 1542 – Pous Paulus III publiseer die bul Licet ab initio wat die Inkwisisie sentraliseer.
- 1621 – Pous Gregorius XV stel twee nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Marcantonio Gozzadini.
- 1766 – Pous Clemens XIII stel Giovanni Ottavio Bufalini, titulêr aartsbiskop van Chalcedonië en Giovanni Carlo Boschi, titulêr aartsbiskop van Athene, aan as kardinale.
- 1773 – Pous Clemens XIV publiseer sy brief Dominus ac redemptor noster waarin die Jesuïte-orde ontbind word.
- 1823 – Die eerste blanke persoon in die Transvaal word op Makwassie gebore, die baba Broadbents.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die eerste Slag van Bull Run vind plaas.
- 1954 – By die Geneefse Konferensie na die Indo-Chinaoorlog word besluit om Viëtnam in twee te deel.
- 1961 – Amerika se tweede bemande ruimtetuig Mercury-Redstone 4 word lanseer.
- 1970 – Die Aswandam in Egipte word na 11 jaar se konstruksie voltooi.
- 1981 – Sri Lanka word 'n volle lid van die Internasionale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR).
- 1994 – Tony Blair word tot leier van die Arbeidersparty verkies en word sodoende die leier van die Britse opposisie.
- 1995 – Die Chinese weermag begin missiele in die waters noord van Taiwan vuur en ontketen daarmee die Derde Straat van Taiwan-krisis.
- 1997 – Die 200ste verjaardag van die volledig gerestoureerde USS Constitution (alias "Old Ironsides") word gevier deur vir die eerste keer in 116 jaar 'n vaartog te onderneem.
- 2010 – Slowenië sluit by die OESO aan.
- 2013 – Nadat Albert II ten gunste van sy oudste seun abdikeer het, lê Filip die ampseed as nuwe koning van België af.
Geboortes
- 1414 – Francesco della Rovere, Pous Sixtus IV, die 212de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Celle, naby Savona, Italië († 1484).
- 1710 – Paul Heinrich Gerhard Möhring, Duitse dokter, plantkundige en dierkundige († 1792).
- 1809 – Ferdinand Augustijn Snellaert, Vlaamse skrywer. († 1872).
- 1812 – Kmdt. Louw Wepener, Boerekryger († 1865).
- 1861 – Genl. Jan Celliers, Boerekryger († 1931).
- 1877 – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus († 1964).
- 1899 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer († 1961).
- 1911 – Marshall McLuhan, Kanadese mediakenner († 1980).
- 1920 – Isaac Stern, Amerikaanse violis van Russiese afkoms († 2001).
- 1921 – Credo Mutwa, Zoeloe sangoma en skrywer († 2020).
- 1922 – Mollie Sugden, Britse aktrise († 2009).
- 1924 – Don Knotts, Amerikaanse televisieakteur († 2006).
- 1935 – Aubrey Kruger, Suid-Afrikaanse tekenaar en uitvinder van die dolos († 2016).
- 1944 – John Atta Mills, Ghanese politikus († 2012).
- 1947 – Co Adriaanse, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter.
- 1948 – Beppe Grillo, Italiaanse aktivis, akteur, komediant en politikus.
- 1948 – Cat Stevens (alias Yusuf Islam), Britse sanger.
- 1951 – Robin Williams, Amerikaanse akteur en komediant († 2014).
- 1963 – Noxolo Kiviet, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
- 1966 – Arija Bareikis, Amerikaanse aktrise.
- 1971 – Charlotte Gainsbourg, Frans-Britse aktrise, sangeres en fotomodel.
- 1985 – Aliette Opheim, Sweedse aktrise.
- 1989 – Jamie Waylett, Britse akteur.
Sterftes
- 1425 – Manuel II Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1350).
- 1796 – Robert Burns, nasionale digter van Skotland (* 1759).
- 1943 – Charley Paddock, Amerikaanse atleet en akteur (* 1900).
- 1944 – Claus von Stauffenberg, Duitse soldaat (* 1907).
- 1948 – Bruckner de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus (* 1875).
- 1967 – Albert Luthuli, President van die ANC (* 1898).
- 1967 – Pierre Kemp, Nederlandse digter (* 1886).
- 1967 – Basil Rathbone, Suid-Afrikaans-Amerikaanse akteur en sanger (* 1892).
- 1972 – Jigme Dorji Wangchuck, 3de koning van Bhutan (* 1928).
- 1974 – Chris Blignaut, legendariese Afrikaanse sanger (* 1897).
- 1977 – Henry Vahl, Duitse akteur (* 1897).
- 1982 – Dave Garroway, Amerikaanse joernalis en akteur (* 1913).
- 1989 – Ds. Pieter du Toit, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1921).
- 1998 – Alan Shepard, Amerikaanse vlootvlieënier en ruimtevaarder (* 1923).
- 2005 – Long John Baldry, Brits-Kanadese akteur en sanger (* 1941).
- 2020 – Andrew Mlangeni, ANC-aktivis en een van die agt mans in die Rivonia-verhoor (* 1925).
- 2021 – Lieb Bester, Suid-Afrikaanse akteur en musikant (* 1949).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 21 July. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.