Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Prof. dr. Barend Jacobus de Klerk (Burgersdorp, Kaapkolonie, 22 Augustus 1904 – Potchefstroom, Suid-Afrika, 21 April 1953) was predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en hoogleraar aan dieselfde kerkgenootskap se Teologiese Skool op Potchefstroom.
Barend de Klerk | |
Barend de Klerk | |
Naam | Barend Jacobus de Klerk |
---|---|
Geboorte | 22 Augustus 1904 Burgersdorp |
Sterfte | 21 April 1953 (op 48) Potchefstroom |
Kerkverband | Gereformeerde Kerk |
Gemeente(s) | Dordrecht-kombinasie (1931–1939) Middelburg, KP (1939–1944) Kroonstad-kombinasie (1944–1945) |
Jare aktief | 1931–1945 |
Kweekskool | Potchefstroom |
De Klerk was die seun van Jacobus Johannes de Klerk en Anna Susanna Labuscagne. In 1930 voltooi hy sy studie aan die Teologiese Skool en PUK, waar hy agtereenvolgens die grade B.A., M.A. en B.D. behaal het en in sy kandidaatseksamen geslaag het. In 1935 vertrek hy met sy gesin na Nederland, waar hy aan die Vrije Universiteit onder prof. V. Hepp studeer en in 1937 die doktorsgraad behaal met ’n proefskrif oor “Vorme en karakter van die Biblisisme”.
As predikant het hy agtereenvolgens die volgende gemeentes bedien: Dordrecht, Indwe en Maclear (1931–1939), Middelburg, Kaap, (1939–1944), Kroonstad, Theunissen en Odendaalsrust (1944–1945) en Bloemfontein (1945–1952).
Vanaf April 1952 het hy gedien as professor aan die Teologiese Skool in apologetiek en Christelike etiek tot by sy oorlyde op 21 April 1953. Hy het in verskillende deputategroepe gedien en was etlike jare raadslid van die PUK vir CHO. Die belange van land en volk het hom na aan die hart gelê. Hy het onder meer gedien in die sentrale komitee vir die reëling van die Van Riebeeckfees. Hy het ook lewendig belanggestel in die onderwys, en onder andere was hy voorsitter van die Bloemfonteinse Skoolraad.
In 1931 is hy getroud met Irene Bouman. Uit die huwelik is twee seuns en ’n dogter gebore. Ná haar oorlyde tree hy in 1944 in die huwelik met Maria (Marietjie) van der Walt van Middelburg, Kaap. Uit die huwelik is ook twee seuns en ’n dogter, Mathilda (getroude van Van der Schyff) gebore. Drie van die seuns het ook predikant geword:
Uit prof. dr. De Klerk se pen het verskyn: Meetsnoere van die jeug, Die Roomse gevaar en Vorme en karakter van die Biblisisme.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.