From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk De Aar is ’n gemeente van die GKSA op die Noord-Kaapse dorp De Aar, maar dit sluit ook omliggende dorpe soos Britstown, Carnarvon, Murraysburg, Richmond en Victoria-Wes in.
Gereformeerde kerk De Aar | ||
Sluit in | De Aar Britstown Carnarvon Murraysburg Richmond Victoria-Wes | |
Klassis | Burgersdorp | |
Belydende lidmate | 33 | |
Dooplidmate | 4 | |
Adres | H.v. Dr. Pixley ka Seme- en Maraisstraat De Aar Noord-Kaap | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 27 April 1923 | |
Afgestig van | Philipstown | |
Eerste predikant | W.J. van der Merwe (1934–1942) |
Die gemeente het besonder swaar deurgeloop onder gedurige wegtrek van Gereformeerde lidmate uit dié deel van die Noord-Kaap en aanliggende Oos-Kaap. Einde 1997 was hier nog 138 belydende en 44 dooplidmate, wat einde 2001 afgeneem het tot 122 en 32. Einde 2011 het dit teruggesak tot 70 en 16 en einde 2014 steeds verder tot 57 en 11. In dié tyd het die lidmaattal van die Gereformeerde kerk Colesberg, met wie De Aar tussen 1983 en 2008 in kombinasie was, van 71 en 34 afgeneem tot 32 en agt en dié van die nabygeleë Gereformeerde kerk Philipstown van 49 en 21 tot 19 en nul. In die GKSA se eeufeesjaar (1959) het De Aar ’n sieletal van 558 gehad, Colesberg 163 en Philipstown 138.
De Aar het op 27 April 1923 onder leiding van ds. J.G.H. van der Walt van die Gereformeerde kerk Philipstown afgestig, 10 jaar ná die NG gemeente De Aar se afstigting, hoofsaaklik van die NG gemeente Hanover. Al het predikantsbediening al van 1907 af voorgekom en is eredienste vir Gereformeerdes gereeld sedert 1914 op De Aar gehou, is die eerste predikant in die persoon van ds. W.J. van der Merwe eers in 1933 beroep. Met De Aar as sy standplaas moes hy ook die verre Kaapstad en later ook Kimberley in kombinasie met De Aar bedien. Van 1946 af sou ds. M. Postma (predikant tot 1970) ook Upington en die suide van Suidwes-Afrika van hier af bedien.
Die gemeente kon eers agt jaar ná sy stigting sy eie kerkgebou oprig. Oorspronklik het Philipstown se kerkraad in 1917 die Wesleyaanse gemeente se kerksaal gekoop. Van 1932 af is beplan vir die oprigting van ’n nuwe kerk, maar die bouwerk het eers in 1934 begin, waarskynlik weens die uitwerking van die Groot Depressie. Dié gebou is in 1935 in gebruik geneem en het £4 000 gekos. Toe herstelwerk daaraan nodig word, het die kerkraad besluit om dit te laat herbou. So is die huidige kerkgebou in 1961 in gebruik geneem. Die argitek van albei geboue en van die nuwe kerktoring, was Wouter De Wet Bronkhorst van Kaapstad.
Die Hammond-orrel in die kerk dateer van 1960 en is ontwerp en gebou deur die forma Cooper, Gill en Tomkins van die Kaap. Die gemeente se susteraksie was grootliks verantwoordelik vir die geldinsameling wat die koste van die aankoop en installering van die orrel, naweek R9 450, bestry het.
Weens die afname in sy lidmaattal tot 33 belydende lidmate in 2022 moes die kerkraad in daardie jaar die 87 jaar oue kerkgebou verkoop.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.