25 Januarie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
25 Januarie is die 25ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 340 dae in die res van die jaar (341 in skrikkeljare).
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Gebeure
- 817 – Pous Paschalis I volg Pous Stefanus IV op.
- 844 – Teenpous Johannes VIII word deur die burgers van Rome tot pous verkies.
- 1077 – Keiser Hendrik IV gaan na Canossa om vergiffenis te vra van Pous Gregorius VII.
- 1138 – Gregorio Conti word verkies as Pous Victor IV as teenpous teenoor Pous Innocentius II.
- 1327 – Die tienerjarige Edward III word gekroon as Koning van Engeland, maar die land word deur sy ma Koningin Isabella en haar minnaar Roger Mortimer regeer.
- 1554 – Die Jesuïete stig São Paulo in Brasilië.
- 1725 – Die Spaanse kaper en handelaar Amaro Pargo die titel Hidalgo (edelman).
- 1755 – Die eerste Russiese universiteit, die Lomonossov-universiteit, word in Moskou deur tsarin Elisabeth I geopen.
- 1675 – Pous Clemens X verklaar Johannes van die Kruis (Johannes van Ypes) salig.
- 1919 – Die Volkebond, 'n voorloper van die Verenigde Nasies, word gestig om "'n einde aan alle oorloë" te bewerkstellig.
- 1924 – Die eerste Winter Olimpiese Spele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk.
- 1971 – Generaal Idi Amin neem mag in Uganda oor van Eerste Minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering.
- 1980 – Die Silverton-tak van Volkskas Bank in Pretoria word oorgeneem deur MK-vryheidsvegters.
- 1981 – Meer as 100 mense sterf toe die Buffels- en die Baviaansrivier afkom en die Karoodorp Laingsburg oorstroom.
- 2004 – Die Marsverkenningsvoertuig (of "dwaalrobot") Opportunity land op Mars en rol die Eagle-krater binne, ’n klein krater op die Meridiani Planum.
- 2010 – Ethiopiese Lugdiens Vlug 409 stort neer.
Geboortes
- 750 – Leo IV, keiser van Bisantium († 780).
- 1477 – Anna van Bretagne, koningin van Frankryk († 1514).
- 1627 – Robert Boyle, Ierse wetenskaplike († 1691).
- 1759 – Robert Burns, Skotse digter († 1796).
- 1801 – Jean-Baptist David, professor in Nederlands en geskiedenis aan die Katolieke Universiteit Leuven († 1866).
- 1874 – W. Somerset Maugham, Engelse skrywer († 1965).
- 1882 – Virginia Woolf, Britse skryfster († 1941).
- 1913 – Robey Leibbrandt, bokser en politieke aktivis († 1966).
- 1927 – Antônio Carlos Jobim, Brasiliaanse liedjieskrywer, komponis, sanger, pianis († 1994).
- 1942 – Marga van Rooy, Suid-Afrikaanse aktrise († 2017).
- 1949 – Fransjohan Pretorius, akademikus en historiese skrywer van agt boeke oor die Anglo-Boereoorlog.
- 1955 – Matthias Horx, Duitse futuris.
- 1957 – Luis Garavito, Colombiaanse verkragter en kinderreeksmoordenaar († 2023).
- 1969 – Desmond Dube, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1978 – Charlene, Prinses van Monaco, Suid-Afrikaanse swemster.
- 1981 – Alicia Keys, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1982 – Noemi, Italiaanse sangeres, liedjieskrywer en musikant.
- 1994 – Chloe Tryon, Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler.
Sterftes
- 1138 – Pietro Pierleoni (Teenpous Anacletus II) (* circa 1090).
- 1204 – Isak II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1156).
- 1559 – Christiaan II van Denemarke, Koning van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1481).
- 1892 – Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van tsaar Nikolaas I van Rusland (* 1827).
- 1947 – Al Capone, Amerikaanse bendeleier (* 1899).
- 1974 – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus (* 1891).
- 1988 – Colleen Moore, Amerikaanse aktrise (* 1899).
- 1990 – Ava Gardner, Amerikaanse aktrise (* 1922).
- 2008 – Christopher Allport, Amerikaanse akteur (* 1947).
- 2012 – Paavo Berglund, Finse dirigent en violis (* 1929).
- 2013 – Anna-Louize Heiberg, professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Natal en Afrikaanse skrywer van romans (* 1924).
- 2015 – Demis Roussos, 'n Griekse sanger (* 1946).
- 2017 – Mary Tyler Moore, 'n Amerikaanse aktrise en komediant (* 1936).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Burnsnag in Skotland en Noord-Ierland
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 25 Januarie. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.