From Wikipedia, the free encyclopedia
Desdemona is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 6 gekry.[5] Dit is daarna genoem na Desdemona in William Shakespeare se toneelstuk Othello. Dit het ook die naam Uranus X.[6]
Ontdekkingsfoto van Desdemona. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott / Voyager 2 |
Datum | 13 Januarie 1986 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus X |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 62 658,364 ± 0,047 km[1] |
Wentelperiode | 0,473649597 ± 0,000000014 d[1] |
Baanhelling | 0,11252 ± 0,037° (tot Uranus se ewenaar)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 90 × 54 × 54 km[2] |
Gem. radius | 32 ± 4 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~14 500 km²[nota 1] |
Volume | ~164 000 km³[nota 1] |
Massa | ~1 8×1017 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1 3 g/cm³ (veronderstel)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,011 m/s2[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,027 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Desdemona behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Perdita, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 32 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Desdemona bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Desdemona soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,6 ± 0,3.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]
Desdemona kan binne die volgende 100 miljoen jaar teen die naburige maan Cressida (of dalk Juliet) bots.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.