From Wikipedia, the free encyclopedia
Kupido is ’n binnemaan van Uranus. Dit is in 2003 deur Mark R. Showalter en Jack J. Lissauer ontdek deur middel van die Hubble-ruimteteleskoop.[2] Dit is genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk Timon van Athene.[3]
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Mark R. Showalter en Jack J. Lissauer |
Datum | 25 Augustus 2003 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus XXVII |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 74 392 km |
Wentelperiode | 0,618 d |
Baanhelling | 0,1° (tot Uranus se ewenaar) |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | ~9 km[1] |
Oppervlakte | ~1 000 km² |
Volume | ~3 000 km³ |
Massa | ~3,8×1015 kg |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,0031 m/s² |
Ontsnapping- snelheid | ~0,0076 km/s |
Rotasieperiode | Sinchronies |
Ashelling | 0 |
0,07 (veronderstel) | |
Temperatuur | ~64 K |
Dit is die kleinste van Uranus se binnemane en het maar ’n deursnee van rofweg 18 km. Weens sy grootte en dowwe oppervlak het Voyager 2 se kameras dit nie waargeneem tydens sy verbyvlug in 1986 nie.
Kupido behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Perdita, Belinda en Portia insluit.[4] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[4] Kupido se wentelbaan verskil met met 863 km van dié van die groter Belinda.
Ná sy ontdekking het Kupido die voorlopige naam S/2003 U 2 gekry.[2] Dis word ook Uranus XXVII genoem.[3]
Kupido kan binne die volgende 10 miljoen tot 1 miljard jaar teen Belinda bots.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.