From Wikipedia, the free encyclopedia
Rosalind is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 4 gekry.[5] Dit is daarna genoem na ’n karakter in William Shakespeare se toneelstuk As You Like It. Dit het ook die naam Uranus XIII.[6]
’n Foto van Rosalind deur die Hubble-ruimteteleskoop in 1997. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott / Voyager 2 |
Datum | 13 Januarie 1986 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus XIII |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 69 926,795 ± 0,053 km[1] |
Wentelperiode | 0,558459529 ± 0,000000019 d[1] |
Baanhelling | 0,27876 ± 0,045° (tot Uranus se ewenaar)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 72 × 72 × 72 km[2] |
Gem. radius | 36 ± 6 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~16 000 km²[nota 1] |
Volume | ~200 000 km³[nota 1] |
Massa | ~2,5×1017 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,012 m/s²[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,031 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Rosalind behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Portia, Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Kupido, Belinda en Perdita insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 36 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Rosalind bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Rosland soos ’n feitlik ronde voorwerp. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 1,0.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]
Rosalind is baie na aan ’n 3:5-baanresonansie met die maan Cordelia.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.