From Wikipedia, the free encyclopedia
Bianca is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 23 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 9 gekry.[5] Dit is daarna genoem na die suster van Katherine in William Shakespeare se toneelstuk The Taming of the Shrew. Dit het ook die naam Uranus VIII.[6]
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Bradford A. Smith / Voyager 2 |
Datum | 23 Januarie 1986 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus VIII |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 59 165,550 ± 0,045 km[1] |
Wentelperiode | 0,434578986 ± 0,000000022 d[1] |
Baanhelling | 0,19308 ± 0,054° (tot Uranus se ewenaar)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 64 × 46 × 46 km[2] |
Gem. radius | 25,7 ± 2 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~8 300 km²[nota 1] |
Volume | ~71 000 km³[nota 1] |
Massa | ~9,2×1016 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,0086 m/s²[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,022 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Bianca behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Perdita, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 27 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Bianca bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Bianca soos ’n langwerpige voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,7 ± 0,2.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.