From Wikipedia, the free encyclopedia
Portia is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 3 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 1 gekry.[5] Dit is daarna genoem na Portia, die heldin in William Shakespeare se toneelstuk The Merchant of Venice. Dit het ook die naam Uranus XII.[6]
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott / Voyager 2 |
Datum | 3 Januarie 1986 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus XII |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 66 097,265 ± 0,050 km[1] |
Wentelperiode | 0,5131959201 ± 0,0000000093 d[1] |
Gem. omwentelingspoed | 9,37 km/s[nota 1] |
Baanhelling | 0,05908 ± 0,039° (tot Uranus se ewenaar)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 156 × 126 × 126 km[2] |
Gem. radius | 67,6 ± 4 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~57 000 km²[nota 1] |
Volume | ~1 300 000 km³[nota 1] |
Massa | ~1,7×1018 kg[nota 1] |
Gem. digtheid | ~1,3 g/cm³ (veronderstel)[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,023 m/s2[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,058 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
Temperatuur | ~64 K |
Portia is die tweede grootste van die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Perdita insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Die grootste een van hulle is Puck. Die mane se wentelbane word al hoe kleiner weens gety-invloede en Portia sal eendag óf verbrokkel en ’n ring om Uranus vorm óf teen die planeet bots.
Buiten sy grootte van sowat 140 km,[2] wentelbaan[1] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Portia bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Portia soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 0,1.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2] Waarnemings met die Hubble-ruimteteleskoop en groot grondgebaseerde teleskope het bewyse gevind van waterys-absorpsie in Portia se spektrum.[7][8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.