staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
Connecticut (Engels: State of Connecticut, afgekort CT) is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika.[1] Die hoofstad is Hartford en die grootste stad is Bridgeport. Dit het 'n oppervlakte van 14 356 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 3,6 miljoen. Dit was die vyfde deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Connecticut word in die noorde deur Massachusetts, in die ooste deur Rhode Island, en in die weste deur New York begrens. In die suide lê die Long-Island-Sont en die Atlantiese Oseaan.
Deelstaat Connecticut | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Constitution State, The Nutmeg State | |||||
Amptelike taal(e) | Geen. (Engels is de facto) | ||||
Hoofstad | Hartford | ||||
Grootste stad | Bridgeport | ||||
Area | 48ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 14 356 km2 | ||||
- Wydte | 113 km | ||||
- Lengte | 177 km | ||||
- Water | 1 809 km2 | ||||
- % water | 12,6 % | ||||
- Breedtegraad | 40°58′ N tot 42°03′ N | ||||
- Lengtegraad | 71°47′ W tot 73°44′ W | ||||
Bevolking | 29ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 3 574 097 | ||||
- Digtheid | 249/km2 4de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Frissell 725 m | ||||
- Gemiddeld | 150 m | ||||
- Laagste punt | Long Island Sound seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 9 Januarie 1788 (5de) | ||||
Goewerneur | Ned Lamont (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Susan Bysiewicz (D) | ||||
Wetgewer | Connecticut Algemene Vergadering | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Richard Blumenthal (D) Chris Murphy (D) | ||||
Tydsone | UTC-5 / Somertyd: UTC-4 | ||||
Afkortings | CT US-CT | ||||
Webblad | www.ct.gov | ||||
Voor die 17de eeu is die gebied deur die inheemse Mohegan-stam bewoon. Die eerste ontmoeting tussen die inwoners en Europeërs het plaasgevind toe die Nederlandse ontdekkingsreisiger Adriaen Block die gebied in 1614 besoek het.
Connecticut se byname is The Constitution State en The Nutmeg State. Die naam Connecticut kom van die Mohegaanse woord quinnitukqut wat beteken 'plek van die lang getyrivier'.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.