Delaware

staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia

Delaware

Delaware (Engels: State of Delaware) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Dover en die grootste stad is Wilmington.

Kitsfeite
Deelstaat Delaware
Thumb Thumb
Vlag van Delaware Seël
Bynaam(e): The First State, The Small Wonder State
Thumb
Kaart van die Verenigde State met Delaware uitgelig
Amptelike taal(e) Geen
HoofstadDover
Grootste stadWilmington
Area 49ste in die V.S.
 - Totaal6 452 km2
 - Wydte48 km
 - Lengte154 km
 - Water1 387 km2
 - % water21,5 %
 - Breedtegraad38° 27′ N tot 39° 50′ N
 - Lengtegraad75° 3′ W tot 75° 47′ W
Bevolking 45ste in die V.S.
 - Totaal 897 934
 - Digtheid139,17/km2
7de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste punt Naby die Ebright Azimuth
136,5 m
 - Gemiddeld18 m
 - Laagste puntAtlantiese Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie  7 Desember 1787 (1ste)
GoewerneurJohn Carney (D)
Luitenant-GoewerneurBethany Hall-Long (D)
WetgewerDelaware Algemene Vergadering
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreThomas R. Carper (D)
Chris Coons (D)
Tydsone UTC-5 / Somertyd: UTC-4
Afkortings DE US-DE
Webbladdelaware.gov
Sluit

Delaware het 'n bevolking van 0,9 miljoen en 'n oppervlakte van 6 452 vierkante kilometer. Delaware word in die noorde deur Pennsilvanië, in die ooste deur New Jersey, en in die suide en weste deur Maryland begrens. Die Atlantiese Oseaan asook die Delaware Baai lê in die ooste. Delaware is die tweede kleinste deelstaat, maar dit is die eerste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Danksy die ligging digby die Atlantiese Oseaan het die deelstaat 'n matige klimaat.

Delaware se byname is The First State, The Small Wonder State, Blue Hen State, en The Diamond State. Die deelstaat is vernoem na die Delawarerivier wat na Thomas West, 3de Baron De la Warr (1577-1618) vernoem is.

Thumb
Brandywine Creek staatspark
Thumb
Wilmington, Delaware
Thumb
Kaart van Delaware

Eksterne skakels

Toerisme

Geskiedenis

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.