Staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
Pennsilvanië (Engels: Commonwealth of Pennsylvania) is een van die Middel-Atlantiese deelstate in die ooste van die Verenigde State van Amerika, met 'n bevolking wat in 2019 op 12,8 miljoen beraam is. Dit was in 1787 een van die oorspronklike Dertien Kolonies. Die gebied is gedurende die 17de eeu deur Europeërs verken, en in 1634 is die eerste Europese nedersetting deur Sweedse setlaars gestig. In 1681 is die gebied deur 'n koninklike oktrooi aan die Engelse Kwaker William Penn (1644–1718) toegeken, 'n voorstaander van godsdiensvryheid en politieke liberalisme. Pennsilvanië het 'n belangrike rol in die Amerikaanse Rewolusie en as een van die oorspronklike state van die Unie ook by die onafhanklikwording van die Verenigde State gespeel.
Gemenebes Pennsilvanië | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Keystone State, The Quaker State, The Coal State, The Oil State | |||||
Amptelike taal(e) | Geen | ||||
Hoofstad | Harrisburg | ||||
Grootste stad | Philadelphia | ||||
Area | 33ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 119 283 km2 | ||||
- Wydte | 455 km | ||||
- Lengte | 255 km | ||||
- Water | 3 208 km2 | ||||
- % water | 2,7 % | ||||
- Breedtegraad | 39°43'N tot 42°16'N | ||||
- Lengtegraad | 74°41'W tot 80°31'W | ||||
Bevolking | 6de in die V.S. | ||||
- Totaal | 12 702 379 | ||||
- Digtheid | 106,5/km2 10de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Davis 979 m | ||||
- Gemiddeld | 335 m | ||||
- Laagste punt | Delawarerivier seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 12 Desember 1787 (2de) | ||||
Goewerneur | Tom Wolf (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | John Fetterman (D) | ||||
Wetgewer | Pennsilvanië Algemene Vergadering | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Bob Casey, Jr. (D) Pat Toomey (R) | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Afkortings | PA US-PA | ||||
Webblad | pa.gov | ||||
Pennsilvanië is ondanks die agteruitgang van sy vroeëre swaar nywerhede nog steeds een van die welvarendste deelstate van die VSA, met landbou, mynbou, nywerhede en hoëtegnologie as sy ekonomiese basis. Die deelstaat is een van die hoofprodusente van staal en steenkool in die VSA. Terwyl Harrisburg as die administratiewe hoofstad dien, is Philadelphia en Pittsburgh belangrike ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrums.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.