staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
New York ([n(j)uː jɔːɹk]) of Nieu-York is 'n deelstaat in die Mid-Atlantiese en noordoostelike streek van die Verenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 141 299 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 19 miljoen mense, die derde grootste van alle Amerikaanse deelstate ná Kalifornië en Texas. New York grens in die noorde en noordweste aan die Kanadese provinsies Quebec en Ontario, in die ooste aan Vermont, Massachusetts en Connecticut, en in die suide en suidweste aan New Jersey en Pennsilvanië. New York het daarnaas 'n watergrens met Rhode Island.
Deelstaat New York | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Empire State | |||||
Amptelike taal(e) | Geen | ||||
Gesproke taal(e) | Engels, Spaans (13,61%), Chinees (2,04%), Italiaans (1,65%), Koreaans (0,5%), Russies (1,23%) | ||||
Hoofstad | Albany | ||||
Grootste stad | New York Stad | ||||
Area | 27ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 141 297 km2 | ||||
- Wydte | 455 km | ||||
- Lengte | 530 km | ||||
- Water | 19 240 km2 | ||||
- % water | 13,6 % | ||||
- Breedtegraad | 40°30'N tot 45°1'N | ||||
- Lengtegraad | 71°51'W tot 79°46'W | ||||
Bevolking | 4de in die V.S. | ||||
- Totaal | 20 215 751 | ||||
- Digtheid | 159/km2 7de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Marcy 1 629 m | ||||
- Gemiddeld | 305 m | ||||
- Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 26 Julie 1788 (11de) | ||||
Goewerneur | Kathy Hochul (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Antonio Delgado (D) | ||||
Wetgewer | New York Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Vergadering | ||||
V.S. Senatore | Chuck Schumer (D) Kirsten Gillibrand (D) | ||||
Tydsone | UTC-5 / Somertyd UTC-4 | ||||
Afkortings | NY US-NY | ||||
Webblad | www.ny.gov | ||||
New York Stad, amptelik die City of New York, is die grootste stad van die deelstaat en die Verenigde State en staan bekend as die poort na die Verenigde State waar miljoene immigrante voet aan wal gesit het, en as 'n beduidende finansiële, kulturele, vervoer- en nywerheidsentrum. Dit is vernoem na die 17de eeuse hertog van York en latere koning James II en VII van Engeland en Skotland.
Na die gebiede buite die stadsgrens van New York word in Engels gewoonlik as Upstate New York verwys. Die beduidendste stede van Upstate New York naas die administratiewe hoofstad Albany is Buffalo, Rochester, Syracuse, Schenectady en Utica.
Die gebied is in die vroeë 17de eeu - die tydperk toe die eerste Nederlanders en Franse die streek begin verken het - deur Indiaanse stamme soos Algonkin, Irokese en Lenape bewoon. Die eerste Europeër, wat in 1609 amptelik aanspraak op die gebied gemaak het, was Henry Hudson, en in 1614 het die eerste Nederlandse forte in Fort Orange naby die huidige administratiewe hoofstad Albany ontstaan. Die eerste Nederlandse nedersettings is in 1624 in Albany en Manhattan gestig. Veertig jaar later het die Britte die gebied geannekseer.
Tydens die Amerikaanse Rewolusie het sowat 'n derde van die slagte van die Rewolusionêre Oorlog tussen Amerikaners en Britte in New York plaasgevind wat op 9 Julie 1776 onafhanklik geword en in 1777 sy eerste grondwet opgestel het. Die deelstaat het op 26 Julie 1788 die grondwet van die Verenigde State van Amerika onderteken om as elfde staat tot die Unie toe te tree.
New York dra die amptelike bynaam Empire State wat vermoedelik op George Washington, die eerste president van die VSA, teruggaan. Tydens 'n reis deur die deelstaat was hy beïndruk deur die gebied se ekonomiese mag en welvaart.
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.