staat van die Verenigde State van Amerika From Wikipedia, the free encyclopedia
Arizona (Engels: State of Arizona) is 'n deelstaat in die suidweste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad en grootste nedersetting hiervan is Phoenix. As gevolg van grootskaalse binnelandse migrasie en immigrasie (veral uit Meksiko en ander Spaanssprekende lande) het die Metropolitaanse Gebied van Groter Phoenix, ook bekend as Valley of the Sun[1], tot die vyfde grootste stedelike agglomerasie in die Verenigde State gegroei. Sedert 2000 het meer as 'n miljoen nuwe aankomelinge hulle in die gebied gevestig, waarby oorspronklike migrasiepatrone ingrypend verander het. Oorspronklik 'n gewilde bestemming vir afgetredenes uit noordelike deelstate, is Phoenix intussen 'n trekpleister vir jonger migrante en het die persentasie inwoners ouer as 65 jaar tot sowat elf persent gedaal. Groter Phoenix huisves sowat die helfte van Arizona se bevolking.
Deelstaat Arizona | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Grand Canyon State, The Copper State | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Gesproke taal(e) | Engels 72,58%, Spaans 21,57%, Navajo 1,54% | ||||
Hoofstad | Phoenix | ||||
Grootste stad | Phoenix | ||||
Area | 6de in die V.S. | ||||
- Totaal | 295 254 km2 | ||||
- Wydte | 500 km | ||||
- Lengte | 645 km | ||||
- Water | 0,32 km2 | ||||
- % water | 1 % | ||||
- Breedtegraad | 31° 20′ N tot 37° N | ||||
- Lengtegraad | 109° 3′ W to 114° 49′ W | ||||
Bevolking | 16de in die V.S. | ||||
- Totaal | 6 392 017 | ||||
- Digtheid | 21,65/km2 36ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Humphreys Peak 3 851 m | ||||
- Gemiddeld | 1 250 m | ||||
- Laagste punt | Coloradorivier 70 m | ||||
Toetrede tot die Unie | 14 Februarie 1912 (48ste) | ||||
Goewerneur | Doug Ducey (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Katie Hobbs (D) (Secretary of State) | ||||
Wetgewer | Arizona Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Kyrsten Sinema (D) Mark Kelly (D) | ||||
Tydsone | Amerikaanse bergtyd: UTC-7 Somertyd (slegs Navajo-nasie in Noord-Arizona): UTC-6 | ||||
Afkortings | AZ US-AZ | ||||
Webblad | https://www.az.gov | ||||
Arizona het 'n oppervlakte van 295 254 vierkante kilometer en 'n bevolking van 7,3 miljoen. Dit word in die noorde deur Utah, in die ooste deur Nieu-Meksiko, in die suide deur Meksiko (deelstate: Sonora en Baja California), en in die weste deur Nevada en Kalifornië begrens. Arizona is bekend vir sy woestynklimaat met warm somers en gematigde winters. Die Grand Canyon, waardeur die Coloradorivier vloei, wat in die noordoostelike hoek van die staat lê, word as een van die sewe wonders van die wêreld beskou.
Arizona is die 48ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Sy bynaam is The Grand Canyon State.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.