From Wikipedia, the free encyclopedia
Oekraïens (українська мова, oekrajins'ka mowa, [ukrɑˈjiɲsʲkɐ ˈmɔwɐ]) is die tweede mees gesproke van die twaalf oorlewende tale in die Slawiese groep van die groot Indo-Europese taalfamilie. In geografies-taalkundige opsig word dit saam met Russies en Belarussies as een van die Oos-Slawiese tale geklassifiseer. Net soos Slowaaks neem dit 'n sentrale posisie in aangesien sy taalgebied aan dié van enkele Wes-Slawiese tale grens. Vroeër het dit ook aan Bulgaars, 'n Suid-Slawiese taal, gegrens voordat die twee taalgebiede deur Roemeens en Hongaars van mekaar geskei is.[2]
Oekraïens українська мова oekrajins'ka mowa | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ukrɑˈjiɲsʲkɐ ˈmɔwɐ] | |
Gepraat in: | Oekraïne Rusland Belarus Moldowa Hongarye Kasakstan Pole Roemenië Slowakye | |
Gebied: | Oos-Europa | |
Totale sprekers: | 34,7 miljoen[1] | |
Rang: | 26 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Oos-Slawies Suidoos-Slawies Oekraïens | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Oekraïne Transnistrië | |
Gereguleer deur: | Instituut van Oekraïens | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | uk | |
ISO 639-2: | ukr | |
ISO 639-3: | ukr | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sodoende het Oekraïens 'n aandeel gehad aan die historiese ontwikkeling van al drie Slawiese taalgroepe – Oos-, Wes- en Suid-Slawies. Vandag grens die Oekraïense taalgebied aan Russies in die ooste en noordooste, Belarussies in die noorde, en Pools, Slowaaks en drie nie-Slawiese tale – Hongaars, Roemeens en Moldawies – in die weste. Voordat Oekraïners hulle weer in die steppes van Suid-Oekraïne gevestig het, was dié streek 'n gebied waar Oekraïens met verskillende Turkse tale tale soos Krim-Tataars in kontak gekom het.
Die taal word nie net in Oekraïne gepraat nie, maar ook in Belarus, Moldowa, Rusland en menigte ander lande. Soos Russies en Belarussies word dit in die Cyrilliese alfabet geskryf wat met enkele spesifiek Oekraïense tekens aangevul is.
In Oekraïne word naas Oekraïens ook die tale Russies, Krim-Tataars, Roemeens, Hongaars, Bulgaars, Pools, Duits, Belarussies, Slowaaks, Grieks en Roma gepraat.
Oekraïens is nou verwant aan Russies, maar bevat 'n baie groot aantal Poolse leenwoorde, as gevolg van die feit dat Oekraïne eeue lank deel uitgemaak het van die Pools-Litause Gemenebes. In die suidoostelike helfte van die land oorheers Russies, in die noordwestelike helfte oorheers Oekraïens. Volgens die volkstelling van 2002 sou 67% van die burgers van die staat Oekraïens praat en 31% Russies.
In die tsaristiese Rusland was die skriftelike gebruik van Oekraïens (wat toe amptelik bekend gestaan het as die "Kleinrussiese dialek van die Russiese taal") verbode. Onder die Sowjetbewind het die taal beduidend meer erkenning gekry, maar het nog steeds teruggestaan vir Russies. Na die onafhanklikheid van Oekraïne (1991) is Oekraïens as die enigste amptelike taal erken, waardeur die posisie van die taal aansienlik versterk is. In die praktyk beklee Russies nog steeds 'n baie belangrike posisie. Na beramings het sowat 90% van die bevolking kennis van albei tale.
А а | Б б | В в | Г г | Ґ ґ | Д д | Е е | Є є | Ж ж | З з | И и |
І і | Ї ї | Й й | К к | Л л | М м | Н н | О о | П п | Р р | С с |
Т т | У у | Ф ф | Х х | Ц ц | Ч ч | Ш ш | Щ щ | Ь ь | Ю ю | Я я |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.