Slowaaks

Wes-Slawiese taal wat in Slowakye gepraat word From Wikipedia, the free encyclopedia

Slowaaks

Slowaaks (slovenčina, slovenský jazyk [ˈsloʋenskiː ˈjazik] ) is 'n lid van die Wes-Slawiese taalgroep. Dit word deur sowat 6,9 miljoen mense, vernaamlik in Slowakye, waar dit die amptelike taal is, gepraat, asook in kleiner taaleilande in Hongarye, Kroasië, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Slowenië en Tsjeggië. As minderheidstaal word dit ook deur immigrante in onder andere die Verenigde State en Kanada gebesig. Sedert 1 Mei 2004 is Slowaaks een van die amptelike tale van die Europese Unie.

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Slowake. Moenie verwar word met Sloweens nie.

 

Kitsfeite Slowaaks slovenčina, Amptelike status ...
Slowaaks
slovenčina
Gepraat in:  Slowakye
 Hongarye
 Serwië
 Tsjeggië
 Oekraïne
 Roemenië
 Kroasië 
Gebied: Sentraal-Europa
Totale sprekers: 5,1 miljoen (moedertaal)
1,7 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang: 106
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Tsjeggo-Slowaaks
    Slowaaks 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Europese Unie
 Slowakye
Vojvodina (Serwië)
Gereguleer deur: Instituut van Slowaaks
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NENie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: sk
ISO 639-2: slk
ISO 639-3: slk 
Thumb
Sluit
Thumb
Verspreiding van Slowaakse dialekte in Slowakye
Thumb
Verspreiding van tale in voormalige Tsjeggo-Slowakye in 1930

Slowaaks word, net soos die nou verwante Kasjoebies, Sorbies, Tsjeggies en Pools, in die Latynse Alfabet geskryf. In teenstelling met Tsjeggies, wat vandag as standaardtaal in die hele Tsjeggië gepraat word, is daar drie dialekgroepe, Wes-, Sentraal- en Oos-Slowaaks. Die moderne Slowaakse skryftaal baseer op Sentraal-Slowaaks.

Weens Slowaaks se nou verwantskap aan Tsjeggies kan Slowake en Tsjegge mekaar maklik verstaan. Amptelike dokumente wat in die een land se ampstaal uitgereik word, word in die ander land outomaties erken. Televisieprogramme word sonder vertaling of ondertitels uitgesaai. Die jongste generasie Tsjegge en Slowake vind dit wel moeiliker om mekaar te verstaan aangesien daar ná die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye in 1993 nie meer daaglikse kontak met mekaar se tale is nie.[2]

Spore van moderne Slowaaks kan in die 19de eeu bespeur word. Daar is egter ook spore van Oud-Slowaaks in die 11de eeu.

Alfabet

Die Slowaakse alfabet (Slowaaks: slovenská abeceda) baseer op die Latynse alfabet, waarby die 26 basiese letters deur drie digrawe (dz, dž, ch) en 17 letters met diakritiese tekens aangevul word, waaronder letters met akuut-aksentteken (dĺžeň), Haček (mäkčeň), umlaut (dve bodky of prehláska) en kappie (vokáň).

Die umlaute Ö en Ü maak nie deel uit van die Slowaakse alfabet nie, maar kom in eiename voor. Die medeklinkers Q, W en X word uitsluitlik in vreemde woorde gebruik.

Grammatika

Slowaaks is 'n hoogs flekterende taal met ses grammatikale naamvalle.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.