Oekraïens

From Wikipedia, the free encyclopedia

Oekraïens

Oekraïens (українська мова, oekrajins'ka mowa, [ukrɑˈjiɲsʲkɐ ˈmɔwɐ]) is die tweede mees gesproke van die twaalf oorlewende tale in die Slawiese groep van die groot Indo-Europese taalfamilie. In geografies-taalkundige opsig word dit saam met Russies en Belarussies as een van die Oos-Slawiese tale geklassifiseer. Net soos Slowaaks neem dit 'n sentrale posisie in aangesien sy taalgebied aan dié van enkele Wes-Slawiese tale grens. Vroeër het dit ook aan Bulgaars, 'n Suid-Slawiese taal, gegrens voordat die twee taalgebiede deur Roemeens en Hongaars van mekaar geskei is.[2]

Thumb
Verspreiding van Oekraïens in Oekraïne volgens oblaste in 2001
Thumb
Verspreiding van Oekraïens aan die begin van die 20ste eeu
'n Oekraïense moedertaalspreker

 

Kitsfeite Oekraïens українська мова oekrajins'ka mowa, Amptelike status ...
Oekraïens
українська мова
oekrajins'ka mowa 
Uitspraak: [ukrɑˈjiɲsʲkɐ ˈmɔwɐ]
Gepraat in:  Oekraïne
 Rusland
 Belarus
 Moldowa
 Hongarye
 Kasakstan
 Pole
 Roemenië
 Slowakye 
Gebied: Oos-Europa
Totale sprekers: 34,7 miljoen[1] 
Rang: 26
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Oos-Slawies
   Suidoos-Slawies
    Oekraïens 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:  Oekraïne
 Transnistrië
Gereguleer deur: Instituut van Oekraïens
Taalbedreigingstatus
Bedreig

CRKrities bedreigde
SEErg bedreigde
DEBedreigde
VUKwesbare
   Veilig   

NENie bedreig nie
Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
Taalkodes
ISO 639-1: uk
ISO 639-2: ukr
ISO 639-3: ukr 
Thumb
Sluit

Sodoende het Oekraïens 'n aandeel gehad aan die historiese ontwikkeling van al drie Slawiese taalgroepe – Oos-, Wes- en Suid-Slawies. Vandag grens die Oekraïense taalgebied aan Russies in die ooste en noordooste, Belarussies in die noorde, en Pools, Slowaaks en drie nie-Slawiese tale – Hongaars, Roemeens en Moldawies – in die weste. Voordat Oekraïners hulle weer in die steppes van Suid-Oekraïne gevestig het, was dié streek 'n gebied waar Oekraïens met verskillende Turkse tale tale soos Krim-Tataars in kontak gekom het.

Die taal word nie net in Oekraïne gepraat nie, maar ook in Belarus, Moldowa, Rusland en menigte ander lande. Soos Russies en Belarussies word dit in die Cyrilliese alfabet geskryf wat met enkele spesifiek Oekraïense tekens aangevul is.

In Oekraïne word naas Oekraïens ook die tale Russies, Krim-Tataars, Roemeens, Hongaars, Bulgaars, Pools, Duits, Belarussies, Slowaaks, Grieks en Roma gepraat.

Oekraïens is nou verwant aan Russies, maar bevat 'n baie groot aantal Poolse leenwoorde, as gevolg van die feit dat Oekraïne eeue lank deel uitgemaak het van die Pools-Litause Gemenebes. In die suidoostelike helfte van die land oorheers Russies, in die noordwestelike helfte oorheers Oekraïens. Volgens die volkstelling van 2002 sou 67% van die burgers van die staat Oekraïens praat en 31% Russies.

In die tsaristiese Rusland was die skriftelike gebruik van Oekraïens (wat toe amptelik bekend gestaan het as die "Kleinrussiese dialek van die Russiese taal") verbode. Onder die Sowjetbewind het die taal beduidend meer erkenning gekry, maar het nog steeds teruggestaan vir Russies. Na die onafhanklikheid van Oekraïne (1991) is Oekraïens as die enigste amptelike taal erken, waardeur die posisie van die taal aansienlik versterk is. In die praktyk beklee Russies nog steeds 'n baie belangrike posisie. Na beramings het sowat 90% van die bevolking kennis van albei tale.

Skryfstelsel

Thumb
Die hoofletters van die Oekraïense alfabet.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.