From Wikipedia, the free encyclopedia
Silesies (Duits: Schlesisch, Silesies: ślōnskŏ gŏdka, ślōnski, somtyds ook po naszymu) maak deel uit van die Legitiese groep van die Wes-Slawiese tale, 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie. Dit word meestal deur inwoners in Bo-Silesië in Pole gepraat, maar ook in Tsjeggië en Duitsland. In 2011 het 509 000[2] mense hulleself as moedertaalsprekers verklaar. ISO: szl.
Silesies ślōnskŏ gŏdka, ślōnski | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Duitsland Pole Tsjeggië | |
Gebied: | Silesië | |
Totale sprekers: | 509 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Wes-Slawies Lechities Silesies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | - | |
ISO 639-2: | - | |
ISO 639-3: | szl | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Daar is nie 'n enkele Silesiese alfabet nie. Die Silesies-sprekers is gewoond daaraan om hulle taal met Poolse karakters te skryf. In 2010 is die nuwe Silesiese alfabet saamgestel, gebaseer op al die Silesiese manuskripte (daar is 10 van hulle). Dit word wyd op die Internet gebruik, asook in die Silesiese Wikipedia.
Aa Ãã Bb Cc Ćć Dd Ee Ff Gg Hh Ii Jj Kk Ll Łł Mm Nn Ńń Oo Ŏŏ Ōō Ôô Õõ Pp Rr Ss Śś Tt Uu Ww Yy Zz Źź Żż
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.