From Wikipedia, the free encyclopedia
Eerw. Jean Pierre Pellissier (St. Aray, Grenoble, 28 September 1808 – Bethulie, Vrystaat, 11 Junie 1867) was 'n Franse sendeling in Suid-Afrika en die oupa van onder andere Mabel Jansen, Samuel Henri Pellissier en George Murray Pellissier. Hy is die stamvader van die Pellissier-familie in Suid-Afrika, van wie talle lede op verskeie gebiede in Suid-Afrika presteer het.
Pellissier was die seun van eenvoudige kleinboere in Frankryk en ontvang sy opleiding aan die Paryse Evangeliese Sending. Hy kom in 1831 in Suid-Afrika aan om hom aan te sluit by sy kollegas, S. Roland en J.L.P. Lemue, op Kuruman. Hulle het probeer om 'n sendingstasie te stig op Mosega naby die teenswoordige Zeerust, maar moes vlug voor Mzilikazi se soldate. Pellissier het toe 3 000 vlugtende Tswanas met hom saamgebring na Bethulie waar hy 'n sendingpos in Oktober 1831 stig.
Hy het 'n skool begin en sy vrou het naaldwerk onderrig. Hy was suksesvol in sy werk tot 1862 toe hoofman Lepui die sendinggrond verkoop het aan aanliggende boere en die dorp Bethulie gestig is. Baie van die bekeerlinge het na Lesotho verhuis, maar Pellissier het agtergebly om diegene wat nie saamgetrek het nie, te bedien asook dié wat by die boere in die omgewing gewerk het.
In 1833 is hy getroud met Martha Murray (Dublin, 23 Februarie 1814 – Bethulie, 17 Oktober 1887), 'n dogter van James Murray, een van die Iere wat saam met die 1820-setlaars in Suid-Afrika aangekom het. Van hulle kinders het 'n seun en drie dogters volwassenheid bereik.
Jean Pierre Pellissier en sy vrou het nege kinders gehad, maar net vier het volwassenheid bereik. Die meeste van die kinders wat jonk dood is, was die slagoffer van kinkhoes of witseerkeel. Die kinders was:
Adv. Mabel Jansen, SC, gewese voorsitter van die Pretoriase balieraad
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.