taal From Wikipedia, the free encyclopedia
Kroaties (hrvatski [xř̩ʋaːtskiː]) is 'n Suid-Slawiese taal wat veral in Kroasië gepraat word. Dit is een van die standaardvorme van die Serwo-Kroatiese taalgroep en die amptelike taal van Kroasië. Dit word ook deur Kroate in Bosnië en Herzegowina gebruik. Met die toetreding van Kroasië op 1 Julie 2013 het Kroaties die 24ste amptelike taal van die Europese Unie geword. Daarbenewens is Kroaties in Montenegro in amptelike gebruik.
Kroaties hrvatski jezik | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [xř̩ʋaːtskiː] | |
Gepraat in: | Bosnië en Herzegowina Kroasië Montenegro Oostenryk Italië Roemenië Serwië | |
Gebied: | Balkan | |
Totale sprekers: | 6,9 miljoen (moedertaal) 1,3 miljoen (tweede taal)[1] | |
Rang: | 95 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Suid-Slawies Suidwes-Slawies Serwo-Kroaties Kroaties | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Bosnië en Herzegowina Kroasië Montenegro (in amptelike gebruik)[2] Burgenland Vojvodina | |
Gereguleer deur: | Instituut van Kroaties | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hr | |
ISO 639-2: | hrv | |
ISO 639-3: | hrv | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die moderne Kroatiese standaardtaal baseer op die Nieu-Štokaviese dialek, alhoewel dit ook invloede uit die Kajkaviese en Ĉakaviese dialekte toon. Kroaties word met die Latynse alfabet geskryf.
Kroaties is nou verwant met die standaardtale van aangrensende taalgebiede – Bosnies, Montenegryns en Serwies – sodat sprekers van hierdie tale mekaar maklik kan verstaan. Baie slawiste en sosiolinguïste – veral in lande buite die voormalige Joego-Slawië – beweer dus dat hierdie tale as variante van 'n gemeenskaplike plurisentriese taal, naamlik Serwo-Kroaties, beskou kan word.
Verwante tale, wat duidelik van die standaardtaal verskil en sodoende nie as variante daarvan geklassifiseer word nie, is Burgenland-Kroaties in Oostenryk (wat oorwegend op Ĉakavies baseer) en Moliseslawies. Die laasgenoemde idioom het sy oorsprong in 'n Štokaviese dialek wat eeue gelede na Italië oorgeplant is en daar sterk deur plaaslike variante van Italiaans beïnvloed is.
Die aantal Kroatiese moedertaalsprekers word op sowat 7 miljoen beraam. In die sensus van 2001 het 4 265 081 inwoners (of 96,12 persent van die bevolking) Kroaties as hul moedertaal genoem. Buite Kroasië is daar moedertaalsprekers in Bosnië en Herzegowina en in Vojvodina, naas Kroatiese immigrante in Slowenië en die Kroatiese diaspora, veral in Sentraal-Europa (Duitsland, Oostenryk, Switserland, Italië), Noord-Amerika (Verenigde State, Kanada), Suid-Amerika (onder meer in Argentinië, Chili, Bolivië) asook in Australië en Nieu-Seeland.
Kroaties is die ampstaal van Kroasië, een van drie ampstale in Bosnië en Herzegowina asook een van die ses amptelike minderheidstale in Vojvodina, Serwië.
Kroatiese dialekte word in drie hoofgroepe verdeel wat na die verskillende vorme van die vraagwoord "wat" (ča, kaj, što) vernoem is:
Štokavies word ook deur die Bosniake en die meerderheid van die Serwiërs gepraat. Dit vorm die basis vir die Kroatiese, Bosniese en Serwiese standaardtaal.
Kroatiese alfabet (Gaica) 30+2
Engels | Kroaties | Serwies |
---|---|---|
Compare | Usporedba | Поређење (Poređenje) |
Europe | Europa | Европа (Evropa) |
Netherlands | Nizozemska | Холандија (Holandija) |
Italians | Talijani | Италијани (Italijani) |
Universe | Svemir | Васиона (Vasiona) |
Spine | Kralježnica | Кичма (Kičma) |
Air | Zrak | Ваздух (Vazduh) |
Education | Odgoj | Васпитање (Vaspitanje) |
Week | Tjedan | Седмица (Sedmica) |
History | Povijest | Историја (Istorija) |
Pantaloons | Hlače | Панталоне (Pantalone) |
Belly | Trbuh | Стомак (Stomak) |
Science | Znanost | Наука (Nauka) |
Personally | Osobno | Лично (Lično) |
Persona | Osoba | Лице (Lice) |
United Nations | Ujedinjeni Narodi | Уједињене Нације (Ujedinjene Nacije) |
Bread | Kruh | Хлеб (Hleb) |
Artificial | Umjetno | Вештачки (Veštački) |
Cross | Križ | Крст (Krst) |
Democracy | Demokracija | Демократија (Demokratija) |
Detection | Spoznaja | Сазнање (Saznanje) |
Island | Otok | Острво (Ostrvo) |
Officer | Časnik | Официр (Oficir) |
Road traffic | Cestovni promet | Друмски саобраћај (Drumski saobraćaj) |
Autobahn | Autocesta | Аутопут (Autoput) |
Length | Duljina | Дужина (Dužina) |
Association | Udruga | Удружење (Udruženje) |
Factory | Tvornica | Фабрика (Fabrika) |
General | Opće | Опште (Opšte) |
Christ | Krist | Христос (Hristos) |
I'm sorry | Oprosti | Извини (Izvini) |
Native language standard | Materinski jezićni standard | Матерњи језички стандард |