From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kampioenetrofee 2004 (Engels: 2004 ICC Champions Trophy) is van 10 tot 25 September 2004 in Engeland beslis. Dit was die vierde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.
Datums | 10 September – 25 September |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Engeland |
Kampioen | Wes-Indië (1ste titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 12 |
Wedstryde gespeel | 15 |
Speler van die reeks | Ramnaresh Sarwan |
Meeste lopies | Marcus Trescothick (261)[1] |
Meeste paaltjies | Andrew Flintoff (9)[2] |
← 2002 2006 → |
Die toernooi se formaat van 2002 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2004 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en die Verenigde State. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Australië, Engeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Australië en Wes-Indië het Pakistan geklop, waardeur Engeland en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval het Wes-Indië die gasheer met twee paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Krieketwêreldbeker 1979 ingepalm. Die verdedigende medekampioene Indië en Sri Lanka asook Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Die Internasionale Krieketraad het Engeland as gasheer vir die Kampioenetrofee 2004 aangewys.
Die destydse tien toetslande het regstreeks vir die Kampioenetrofee 2004 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Kenia en die Verenigde State, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer. Nadat die Verenigde State die IKR Sesnasiesuitdaagtoernooi met ’n beter lopietempo bo Kanada, Namibië, Nederland, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate afgesluit het, het hulle vir hul eerste vername kriekettoernooi gekwalifiseer.[3]
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Volle lede | Vierde | 2002 | 4de plek (2002) |
Bangladesj | Derde | 2002 | 9de plek (2000) | |
Engeland | Vierde | 2002 | 5de plek (1998) | |
Indië | Vierde | 2002 | Kampioen (2002) | |
Nieu-Seeland | Vierde | 2002 | Kampioen (2000) | |
Pakistan | Vierde | 2002 | 3de plek (2000) | |
Sri Lanka | Vierde | 2002 | Kampioen (2002) | |
Suid-Afrika | Vierde | 2002 | Kampioen (1998) | |
Wes-Indië | Vierde | 2002 | Naaswenner (1998) | |
Zimbabwe | Vierde | 2002 | 8ste plek (2000) | |
Kenia | EDI-status | Derde | 2002 | 10de plek (2000, 2002) |
Verenigde State | Eerste | – | Debuut |
Tydens die toernooi is drie Engelse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2004 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Birmingham | Southampton | Londen |
---|---|---|
Edgbaston | Rose Bowl | The Oval |
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W | 50°55′26.4″N 1°19′18.8″W | 51°29′1″N 0°6′54″W |
Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 15 000 | Kapasiteit: 27 500 |
Die Kampioenetrofee 2004 is oor 16 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 10 September 2004 op Edgbaston in Birmingham met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op The Oval in Londen op 25 September met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Indië, waartydens Wes-Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2002 gebruik.
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2004 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Die Kampioenetrofee 2004 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die wenner van die eerste groep het teen die wenner van die vierde groep en die wenner van die tweede groep het teen die wenner van die derde groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +3.237 |
Nieu-Seeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +1.603 |
Verenigde State | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −5.121 |
t |
||
Nathan Astle 145* (151) Richard Staple 2/76 (10 boulbeurte) |
Clayton Lambert 39 (84) Jacob Oram 5/36 (9.4 boulbeurte) |
t |
||
Steve Massiah 23 (42) Michael Kasprowicz 4/14 (7 boulbeurte) |
Adam Gilchrist 24* (25) Howard Johnson 1/26 (3 boulbeurte) |
t |
||
Brendon McCullum 47 (68) Michael Kasprowicz 3/32 (10 boulbeurte) |
Andrew Symonds 71* (47) Scott Styris 1/9 (2 boulbeurte) |
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Indië | 2 | 2 | 0 | 0 | 4 | +1.471 |
Suid-Afrika | 2 | 1 | 1 | 0 | 2 | +1.552 |
Bangladesj | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −3.111 |
t |
||
Nafees Iqbal 40 (59) Charl Langeveldt 3/17 (7 boulbeurte) |
t |
||
Chris Gayle 99 (132) Tapash Baisya 2/58 (10 boulbeurte) |
Khaled Mahmud 34* (51) Mervyn Dillon 5/29 (10 boulbeurte) |
t |
||
t |
||
Sourav Ganguly 90 (124) Thomas Odoyo 2/43 (10 boulbeurte) |
Morris Ouma 49 (93) Harbhajan Singh 3/33 (10 boulbeurte) |
t |
||
Kennedy Otieno 33 (73) Shahid Afridi 5/11 (6 boulbeurte) |
Yasir Hameed 41 (48) Ragheb Aga 2/17 (4 boulbeurte) |
t |
||
Rahul Dravid 67 (108) Naved-ul-Hasan 4/25 (9 boulbeurte) |
Mohammad Yousuf 81* (114) Irfan Pathan 3/34 (9 boulbeurte) |
t |
||
Paul Collingwood 80 (93) Ed Rainsford 2/43 (10 boulbeurte) |
Elton Chigumbura 42* (47) Andrew Flintoff 3/11 (6 boulbeurte) |
t |
||
Elton Chigumbura 57 (71) Nuwan Zoysa 3/19 (10 boulbeurte) |
Marvan Atapattu 43 (80) Elton Chigumbura 3/37 (8.5 boulbeurte) |
t |
||
Andrew Flintoff 104 (91) Chaminda Vaas 2/51 (10 boulbeurte) |
Sanath Jayasuriya 27 (32) Andrew Flintoff 2/21 (5 boulbeurte) |
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
21 September – Birmingham | ||||||
Australië | 259/9 | |||||
Engeland | 262/4 | 25 September – Londen | ||||
Engeland | 217 | |||||
22 September – Southampton | Wes-Indië | 218/8 | ||||
Pakistan | 131 | |||||
Wes-Indië | 132/3 |
t |
||
Damien Martyn 65 (91) Darren Gough 3/48 (7 boulbeurte) |
Michael Vaughan 86 (122) Brett Lee 2/65 (8.3 boulbeurte) |
t |
||
Yasir Hameed 39 (56) Corey Collymore 2/24 (9 boulbeurte) |
Ramnaresh Sarwan 56* (85) Shoaib Akhtar 2/18 (7 boulbeurte) |
t |
||
Shivnarine Chanderpaul 47 (66) Andrew Flintoff 3/38 (10 boulbeurte) |
Kampioenetrofeewenner 2004 |
---|
Wes-Indië |
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.