Eben Etzebeth

rugby speler From Wikipedia, the free encyclopedia

Eben Etzebeth

Eben Etzebeth (gebore 29 Oktober 1991, Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het vir die Stormers in Superrugby en vir Toulon in Frankryk se Top 14 gespeel, en vanaf 2022 speel hy vir die Sharks in die Verenigde Rugbykampioenskap. Hy speel op slotposisie en is bekend vir sy harde, fisiese spel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023.

Kitsfeite Volle naam, Geboortedatum ...
Eben Etzebeth Rugbyportaal
Thumb
Volle naam Eben Etzebeth
Geboortedatum 29 Oktober 1991 (1991-10-29) (33 jaar oud)
Geboorteplek Kaapstad, Suid-Afrika
Lengte 203 cm
Massa 122 kg
Skool Hoërskool Tygerberg
Universiteit Universiteit van Kaapstad
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Slot
Springbokno. 833
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2011 UCT Ikey Tigers 7 (5)
korrek soos op 11 Junie 2022.
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2015–2016

2019–2022
NTT Docomo Red Hurricanes
Toulon
8

40
(5)

(35)
korrek soos op 11 Junie 2022.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2011–2014 Westelike Provinsie 7 (0)
korrek soos op 19 Augustus 2021.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2012–2019
2022–
Stormers
Sharks
61
0
(20)
korrek soos op 11 Junie 2022.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2012- Suid-Afrika 128 (30)
korrek soos op 29 September 2024.
Sluit

Uitbeelding

Etzebeth het in 2009 aan die Hoërskool Tygerberg in die Wes-Kaap gematrikuleer.

Loopbaan

Westelike Provinsie en Stormers

Hy maak sy debuut vir die Stormers op 25 Februarie 2012 teen die Hurricanes.[1] Hy word as "Speler van die Wedstryd" aangewys tydens die Westelike Provinsie se oorwinning in die halfeindstryd om die Curriebeker in 2012. In April 2013 het hy 'n ooreenkoms onderteken wat hom tot minstens 2016 in Kaapstad sou hou.[2]

Suid-Afrika o/20

As 'n lid van die Junior Bokke (Suid-Afrikaanse o/20 span) het hy aan die IRR Juniorwêreldkampioenskap in 2011 deelgeneem.[3]

Springbokkleure

Etzebeth word die eerste keer opgeroep vir die Springbokoefengroep deur die nuwe hoofafrigter Heyneke Meyer, voor die reeks van drie toetse teen Engeland in Junie 2012.[4]

Hy maak op 9 Junie 2012 sy Springbokdebuut op slot langs mede-nuweling Juandré Kruger te Kings Park-stadion in Durban. Suid-Afrika tree as 22-17 wenners uit die stryd teen Engeland, en wen ook die laaste twee toetse.[5]

Hy lei die Springbokke op 24 Junie 2017 teen die Franse in die 3de toets en word sodoende Suid-Afrika se 59ste Springbokkaptein. Hy druk ook 'n drie in die wedstryd. Op 21 September 2024 in Argentinië ewenaar hy Victor Matfield se aantal Springboktoetse van 127.[6]

Etzebeth het op 28 September 2024 sy 128ste wedstryd vir Suid-Afrika gespeel in 'n wedstryd teen Argentinië in Nelspruit en Victor Matfield se rekord verbeter as die Springbok met die meeste toetse. Die wedstryd was 'n sukses vir die Springbokke wat met 48-7 geseëvier het, en daarmee die 2024 Rugbykampioenskap ingepalm het.

Toetsdrieë

Meer inligting Drie, Teenstander ...
DrieTeenstanderStadVeldKompetisieDatumUitslag
1Vlag van Australië AustraliëBrisbane, AustraliëSuncorpstadionRugbykampioenskap18 Julie 2015verloor 20–24
2Vlag van Argentinië ArgentiniëLonden, EngelandOlimpiese StadionRugbywêreldbeker 201530 Oktober 2015wen 24–13
3Vlag van Frankryk FrankrykJohannesburg, S-AfrikaEllispark2017 Franse toets24 Junie 2017wen 35–12
4Vlag van Engeland EngelandLonden, EngelandTwickenham2022-jaareindetoetse26 November 2022wen 27–13
5Vlag van Argentinië ArgentiniëJohannesburg, S-AfrikaEllisparkRugbykampioenskap29 Julie 2023wen 22–21
6Vlag van Frankryk FrankrykParys, FrankrykStade de FranceRugbywêreldbeker 202315 Oktober 2023wen 29–28
Sluit

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.