Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2023-Rugbykampioenskapsreeks was die elfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 8 Julie - 29 Julie |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (20 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 44 (7.33 per wedstryd) |
Bywoning | 278 298 (46 383 per wedstryd) |
Meeste punte | Richie Mo’unga (28) |
Meeste drieë | Kurt-Lee Arendse (3) |
← 2022 2024 → | |
Die toernooi het afgeskop op 8 Julie met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en het geëindig op 29 Julie; vroeër en korter as in 2022, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word.[1][2] Die toernooi het om borgskapredes bekendgestaan as The Castle Rugby Championship in Suid-Afrika, The Fortinet Rugby Championship in Nieu-Seeland, The eToro Rugby Championship in Australië en The Zurich Rugbykampioenskap in Argentinië.[3]
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 20ste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.
Die formaat vir die 2023-toernooi was soortgelyk aan dié van 2019 verkort weens die Rugbywêreldbeker wat later die jaar in Frankryk plaasvind. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 114 | 39 | +75 | 2 | 14 |
2 | Suid-Afrika | 3 | 2 | 0 | 1 | 85 | 68 | +17 | 1 | 9 |
3 | Argentinië | 3 | 1 | 0 | 2 | 67 | 94 | –27 | 1 | 5 |
4 | Australië | 3 | 0 | 0 | 3 | 50 | 115 | –65 | 1 | 1 |
8 Julie 2023 | Suid-Afrika | 43–12 | Australië | Loftus Versfeld, Pretoria, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drieë: Kurt-Lee Arendse (3), Strafdrie (2), Pieter-Steph du Toit Doelskoppe: Manie Libbok (3) Strafdoel: Manie Libbok |
Verslag | Drieë: Marika Koroibete, Carter Gordon Doelskop: Carter Gordon Kaarte: Dave Porecki 53' tot 63', Suliasi Vunivalu 68' tot 78' |
Bywoning: 50 089 Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NZL) Speler van die wedstryd: Kurt-Lee Arendse (RSA) | |
|
8 Julie 2023 | Argentinië | 12–41 | Nieu-Seeland | Estadio Malvinas Argentinas, Mendoza, Argentinië | |
16:10 (AST) | Drieë: Lucio Sordoni, Agustin Creevy Doelskop: Emiliano Boffelli Kaart: Rodrigo Bruni 38' tot 48' |
Verslag | Drieë: Dane Coles, Ardie Savea, Jordie Barrett, Rieko Ioane, Aaron Smith, Beauden Barrett, Emoni Narawa Doelskoppe: Damian McKenzie (3) |
Bywoning: 40 000 Skeidsregter: Angus Gardner (AUS) Speler van die wedstryd: Jordie Barrett (NZL) | |
|
15 Julie 2023 | Nieu-Seeland | 35–20 | Suid-Afrika | Mount Smart-stadion, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:05 (NZST) | Drieë: Aaron Smith, Shannon Frizell, Will Jordan, Richie Mo’unga Doelskoppe: Richie Mo’unga (3) Strafdoele: Richie Mo’unga (3) |
Verslag | Drieë: Malcolm Marx, Cheslin Kolbe, Kwagga Smith Doelskop: Cheslin Kolbe Strafdoel: Faf de Klerk |
Bywoning: 31 265 Skeidsregter: Mathieu Raynal (FRA) Speler van die wedstryd: Richie Mo’unga (NZL) | |
|
15 Julie 2023 | Australië | 31–34 | Argentinië | Wes-Sydney-stadion, Sydney, Australië | |
19:45 (AEST) | Drieë: Len Ikitau, Nic White, Samu Kerevi, Mark Nawaqanitawase Doelskoppe: Quade Cooper (4) Strafdoel: Quade Cooper Kaart: Richie Arnold 38' tot 48' |
Verslag | Drieë: Jerónimo de la Fuente, Julián Montoya, Mateo Carreras, Juan Martín González Doelskoppe: Emiliano Boffelli (4) Strafdoele: Emiliano Boffelli (2) |
Bywoning: 28 000 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: Mark Nawaqanitawase (AUS) | |
|
29 Julie 2023 | Australië | 7–38 | Nieu-Seeland | Melbourne-krieketveld, Melbourne, Australië | |
19:45 (AEST) | Drie: Rob Valetini Doelskop: Carter Gordon Kaarte: Marika Koroibete 25' tot 35', Taniela Tupou 57' tot 67' |
Verslag | Drieë: Shannon Frizell, Codie Taylor, Will Jordan, Caleb Clarke, Mark Telea, Rieko Ioane Doelskoppe: Richie Mo’unga (4) |
Bywoning: 83 944 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) Speler van die wedstryd: Will Jordan (NZL) | |
|
29 Julie 2023 | Suid-Afrika | 22–21 | Argentinië | Ellispark, Johannesburg, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drieë: Eben Etzebeth, Damian de Allende, Manie Libbok Doelskoppe: Manie Libbok (2) Strafdoel: Manie Libbok Kaart: Damian de Allende 72' tot 80' |
Verslag | Drieë: Mateo Carreras, Gonzalo Bertranou Doelskop: Santiago Carreras Strafdoele: Santiago Carreras (3) |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Andrew Brace (IRL) Speler van die wedstryd: Eben Etzebeth (RSA) | |
Rugbykampioenskapreekskampioen 2023 |
---|
Nieu-Seeland |
Meeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.