Remove ads
rugbyspeler From Wikipedia, the free encyclopedia
Quade Santini Cooper (gebore 5 April 1988) is 'n professionele rugbyspeler en aan-en-af bokser. Hoewel hy 'n Nieu-Seelandse burger is, verteenwoordig hy Australië in internasionale rugby. Hy het tydens die Rugbywêreldbeker 2011 en Rugbywêreldbeker 2015 vir Australië uitgedraf. Hy speel tans vir die Queensland Reds in die Superrugbykompetisie in Australië. Sy voorkeurposisie is losskakel.
| |||||
Quade Cooper in 2014 | |||||
Volle naam | Quade Santini Cooper | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 5 April 1988 | ||||
Geboorteplek | Auckland, Nieu-Seeland | ||||
Lengte | 1,96 m | ||||
Massa | 93 kg | ||||
Skool | Forest View High School | ||||
Vername familie | Sean Maitland (neef) | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015–2016 | Toulon | 15 | (10) | ||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014–2015 | Brisbane City | 3 | (39) | ||
korrek soos op 5 Maart 2017. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2007–2015, 2017– | Queensland Reds | 107 | (782) | ||
korrek soos op 5 Maart 2017. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2008– | Australië | 67 | (154) | ||
korrek soos op 5 Maart 2017. | |||||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
Australië |
Daar is bevestig dat Cooper by die Australiese sewes sou aansluit vir die 2016 Olimpiese Spele, beginnende met die Sydney-been van die IRB Sewes. Cooper het sy eerste drie vir die Australiese sewesspan op 6 Maart 2016 gedruk tydens die span se 36-7 oorwinning teen Engeland.[1]
In November 2012 het Cooper aangekondig dat hy sou boks in die voorgeveg van vriend Sonny Bill Williams se geveg op 8 Februarie 2013. Hy het as 'n kruisergewig[2] teen Muay Thai veteraan Barry Dunnett geboks, en wen in die eerste ronde met 'n uitklophou.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.