finale jaar (graad 12) vir hoërskoolleerlinge From Wikipedia, the free encyclopedia
Matriek is die finale jaar (graad 12) vir hoërskoolleerlinge in Suid-Afrika en matrikulasie verwys na die slaag van matriek met universiteitsgoedkeuring, alhoewel die term algemeen gebruik word om ook subgoedkeuringslagings aan te dui. Die laaste eksamens in graad 12 word "matriekeksamens" of meer spesifiek "matriekeindeksamens" genoem en studente in matriek word "matrikulante" genoem.
Die meeste Suid-Afrikaanse hoërskoolleerlinge wat die matriekjaar loop, lê die Senior Sertifikaat-eksamens af om 'n Senior Sertifikaat-kwalifikasie te ontvang. Die Senior Sertifikaat is 'n eksamen wat deur Suid-Afrika se Onderwysdepartement aan matrikulante voorgeskryf word, alhoewel studente ook deur middel van onafhanklike leerplanne (kurrikula) kan matrikuleer. Wanneer 'n student aan sekere voorgeskrewe kriteria voldoen met aflegging van die Senior Sertifikaat-eksamens (d.w.s. die matriekeindeksamens), ontvang die student matrikulasiegoedkeuring, wat die wettige minimum is vir toelating tot 'n B-graadprogram by 'n Suid-Afrikaanse universiteit. Buitelandse studente wat aansoek doen om studie by 'n Suid-Afrikaanse universiteit kan om matrikulasievrystelling aansoek doen om aan te dui dat hulle aan dieselfde standaarde voldoen.
Daar is dus 'n dubbelsinnigheid by die konsep van matriek betrokke: 'n persoon wat gematrikuleer het kan die matriekeksamens geslaag het, maar hoef nie noodwendig matrikulasiegoedkeuring te hê om by 'n universiteit te gaan studeer nie.
Suid-Afrikaanse universiteite stel nie hul eie toelatingsvereistes vas nie, alhoewel sommiges toegangstoetse aan voornemende studente voorgeskryf word om die stand van hul akademiese taal- en numeriese vaardighede te bepaal.
Sedert die intree van die nuwe uitkomsgebaseerde onderwys is die huidige Suid-Afrikaanse matriekuitslae van sulke minderwaardige gehalte dat die Universiteit van Oxford dit nie eens wil aanvaar nie. Suid-Afrika is in hierdie opsig slegter af as die volgende Afrikalande, waar toegang wel vir die skranderste leerlinge op 'n manier moontlik is: Kameroen, die Maldive-eilande, Mauritius, Namibië, Tanzanië, Tunisië, Uganda en Zimbabwe. Die voornemende voorgraadse student wat aan Oxford wil studeer moet eers sy/haar eerstejaar by 'n ander universiteit voltooi voordat aansoek gedoen mag word. Die ander alternatief is om die Cambridge Overseas Higher School Certificate, wat internasionaal erken word, besonder goed te slaag.[1] Soortgelyke reëls geld ook aan die Universiteit van Cambridge.[2]
Die Suid-Afrikaanse matriekeksamen wat as akademiese eksamen vir toelating tot die universiteit dien, kom tot stand na die stigting van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop in 1873 (vandag, Unisa). Die eksamen is self deur die universiteit gelei en die leerplan asook die eksamens en eksaminatore is deur die universiteit bepaal. In wese was die ou matrikulasie-eksamen 'n universiteitseksamen, of beter gestel, 'n universiteitstoelatingseksamen.
Die leeftydsgrens was minstens 16 jaar, die kandidaat moes 'n sertifikaat vir goeie gedrag hê en die leerplan voltooi het. 'n Eenvormige (en eensydig kolonialistiese) leerplan is vir die jaar 1875 voorgeskryf:
Kandidate sou eksamineer word in:
Geen kandidaat sou vir die eksamen goedgekeur word nie, tensy hy in die volgende vakke voldoende kennis besit:
Die verpligte vakke was dus: Engels, Engelse Geskiedenis, Aardrykskunde, Latyn en Wiskunde.
Oor bogenoemde indeling was selfs die Engelssprekendes ontstoke: In Mei 1891 skryf die Argus dat dit nie reg is dat Hollands, wat so 'n belangrike rol in die land speel, op gelyke voet gestel word met Duits as bloot 'n vreemde taal nie.[4]
Langenhoven skryf in sy outobiografie dat die standaard aan die Kaapkolonie destyds strawwer was as in Brittanje self. In die kolonie kon die kolonialis dus septer swaai, omrede hy op papier hoër gekwalifiseerd was. Dit het die gevolg gehad dat die Britse immigrante altyd poste kon kry, terwyl die Suid-Afrikaner, veral diegene wat nie Engels perfek magtig was of oorsee kon gaan studeer nie, slegs 'n minderwaardiger pos kon bedien. Verder sou 'n M.A.-graad bykans onmoontlik lyk om te behaal.[5]
Met die stigting van die tradisionele universiteite, die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad, moes 'n nuwe wet, Wet No. 12 van 1916, intree:
Die vakke van die eksamen was toe:
Om tot die eksamen toegelaat te word, moes die kandidaat welslae behaal het in elk van ses akademiese vakke met ’n minimum gemiddelde.
In 1950 sien nuwe regulasies van die matriekeksamen daaruit:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.