24 Augustus is die 236ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (237ste in skrikkeljare). Daar volg nog 129 dae in die res van die jaar.
- 1552 – Lavinia Fontana, Italiaanse skilderes († 1614).
- 1664 – Willem Adriaan van der Stel, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1733).
- 1772 – Willem I van Nederland, Prins van Oranje en die eerste koning van Nederland († 1843).
- 1801 – Eerw. Daniel Lindley, eerste leraar van die NG gemeente Pietermaritzburg († 1880).
- 1809 – Philip Blommaert, Vlaamse skrywer († 1871).
- 1879 – D.G. Conradie, joernalis, redakteur van Die Volksblad, politikus en administrateur-generaal van Suidwes-Afrika († 1966).
- 1882 – Eva Speyer, Duitse aktrise († 1975).
- 1894 – Elisha Scott, Noord-Ierse sokkerdoelwagter en afrigter († 1959).
- 1902 – Carlo Gambino, berugte Italiaans-Amerikaanse bendeleier van die Gambino-mafia-familie († 1976).
- 1936 – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler († 2012).
- 1944 – Gregory Jarvis, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 1946 – Ray Moore, voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 1957 – Stephen Fry, Britse akteur.
- 1958 – Steve Guttenberg, Amerikaanse akteur.
- 1961 – Jared Harris, Britse akteur.
- 1973 – Dave Chappelle, Amerikaanse komediant.
- 1976 – Alex O'Loughlin, Australiese akteur.
- 1042 – Michael V, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1015).
- 1572 – Gaspard de Coligny, admiraal van Frankryk en Protestantse leier (* 1519).
- 1803 – Gregorio Fontana, Italiaanse wiskundige (* 1735).
- 1929 – Karel van de Woestijne, Vlaamse skrywer en digter (* 1878).
- 1940 – John Stephen Curlewis, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1863).
- 1958 – Johannes Gerhardus Strijdom, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1893).
- 2013 – Julie Harris, Amerikaanse aktrise (* 1925).
- 2014 – Richard Attenborough, Britse akteur en rolprentmaker (* 1923).
- 2020 – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo (* 1931).
- 2022 – Christian Hjejle, Deense akteur (* 1940).