Steytlerville
monument From Wikipedia, the free encyclopedia
monument From Wikipedia, the free encyclopedia
Steytlerville is 'n dorp in die Oos-Kaap, wat op 10 Junie 1876 saam met die plaaslike gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk gestig is. Die dorp is genoem na ds. A.I. Steytler. Dit was een van slegs enkele dorpe in Suid-Afrika waar geen drank verkoop kon word nie.
Steytlerville (ingesluit Vuyolwetho) | |
---|---|
Sarel Cilliersstraat in Steytlerville | |
Koördinate: 33°20′S 24°20′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 1875 |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,7 km2 (9,5 vk. myl) |
Hoogte | 405 m (1 329 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 4 017 |
• Digtheid | 163/km2 (420/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 71.1% |
• Swart mense | 22.8% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 80.1% |
• Xhosa | 17.1% |
• Engels | 1.4% |
• Ander | 1.4% |
Poskode (strate) | 6250 |
Poskode (posbusse) | 6250 |
Skakelkode | 049 |
Die dorp het ontstaan in 1876 toe die NG gemeente Steytlerville gestig is op die plaas Doorschpoort. Die gemeente en dorp is vernoem na ds. A.I. Steytler, indertyd leraar van die NG gemeente Uitenhage. Die oorspronklike bedoeling was dat die dorp Steytlerwil sou heet na aanleiding van ds. Steytler se ysere wil wat alle struikelblokke te bowe gekom het in sy beywering vir afstigting, maar toe die gemeente op 10 Junie 1876 gestig is, was dit met die spelling soos dit vandag nog is.
Merinowol en sybokhaar is van die belangrikste produkte van die gebied.
Die R329-streekroete verbind Steytlerville met Willowmore in die weste en die R75-provinsiale pad in die ooste. Die Gamtoosrivier, hier nog bekend as die Grootrivier, vloei deur die dorp.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.