Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Op pad in Suid-Afrika is 'n Afrikaanse boek wat deur Barend Erasmus geskryf is en deur Jonathan Ball Publishers uitgegee word.
Op pad in Suid-Afrika 'n Streek-Vir-Streek Gids | |
---|---|
Skrywer | Barend Erasmus |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Uitgewer | Jonathan Ball Publishers |
Uitgegee | 1995, 2005, 2007, 2014 |
Medium | Sagteband & Hardeband |
Bladsye | +-400 |
ISBN | 1-86842-026-4 |
Die boek behandel die magdom gehuggies, dorpe en stede van Suid-Afrika. Die klem val op die verhale wat in hierdie plekke opgesluit lê. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf en die karakter en aantreklikhede van plekke word geskets. Gedetailleerde streekkaarte is by elke hoofstuk ingesluit, wat aangevul word met roete-aanwysings in die teks.
Die boek se hoofstukke is logies gerangskik vanaf Kaapstad en kring verder noordwaarts uit. Dit beeld die diversiteit van Suid-Afrika uit, wat wissel van die groen en rustige valleie van die Kaapse hinterland tot die windverwaaide sandveld in die weste tot die subtropiese geilheid van die ooste; van die uitgestrekte bosveldvlaktes van die noordooste tot die droë wildernisse van die noordweste; van bedrywige metropole tot klein gehuggies.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.