Gamtoosrivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
Die Gamtoosrivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaap, Suid-Afrika vloei. Dit ontspring in die Sneeuberge bekend as die Kariegarivier. Naby die kruising met die N9 nasionale pad vloei die Kariegarivier in die Beervleidam in. 'n Ander sytak, die Soutrivier, vloei ook in die dam in. Hiervandaan staan die rivier bekend as die Grootrivier en vloei dan deur Steytlerville. Waar dit met die Kougarivier, 'n sytak, saamvloei word dit die Gamtoosrivier. Nou vloei die rivier deur die Gamtoosriviervallei op sy laaste tog van 50 km na die see om uit te mond naby Humansdorp in die Indiese Oseaan; die plek staan bekend as Gamtoosmond. Die rivier is bykans 500 km lank. (Hierdie Grootrivier moet nie verwar word met die Grootrivier wat 'n sytak is van die Gouritsrivier nie).
Gamtoosrivier | |
---|---|
Die Gamtoos vloei eers onderdeur die R102 en dan die N2-pad | |
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Sneeuberge, Oos-Kaap |
Monding | Indiese Oseaan |
Lengte | 500 km |
Monding-hoogte | 2 m |
Koördinate: 33°57′46″S 25°1′20″O |
Die Gamtoosvallei word intensief besproei. Die rivier vloei verby Steytlerville as die Grootrivier en by Patensie en Hankey as die Gamtoos. Die Kougadam is in die Kougarivier geleë.[2][3]