Oekraïners

Oos-Slawiese etniese groep From Wikipedia, the free encyclopedia

Oekraïners

Die Oekraïners (Oekraïens: українці, ukrayintsi, [ukrɑˈjinʲtsʲi]) is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 45 miljoen mense inheems aan Oekraïne. Hulle is die sesde grootste volk in Europa.[28] Die meeste Oekraïners is Oekraïens-Ortodokse of ongebonde. Oekraïners vorm die titulêre nasie van Oekraïne, waar hulle 77,5% van dié land se bevolking vorm. Naas Oekraïners leef nog sowat 8,3 miljoen Russe in Oekraïne, veral in die ooste en suide.

Thumb
Verspreiding van Oekraïners in Oekraïne volgens oblaste in 2001
Thumb
Kaart van die ontvolking van Oekraïne en die Suid-Rusland, 1929–1933. Gebiede in wit was nie deel van die Sowjetunie tydens die hongersnood nie.
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oekraïens.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Oekraïners






Thumb


Totale bevolking: ca. 45 miljoen[1][2]
Belangrike bevolkings  in:  Oekraïne ~37,5 miljoen[3]

 Rusland ~1,9 miljoen[4][5]
 Kanada ~1,3 miljoen[6]
 Verenigde State 968 769[7]
 Brasilië 500 000[8]
 Moldowa 375 000[9]
 Kasakstan 313 698[10]
 Argentinië 300 000[11][12]
 Italië 233 726[13]
 Duitsland 229 510[14][15]
 Belarus 159 000[16]
 Tsjeggië 126 613[17]
 Oesbekistan 104 720–128 100[18][19]
 Slowakye 100 000
 Portugal 52 293[20]
 Pole 51 000[21]
 Roemenië 51 703[22]
 Letland 45 699[23]
 Frankryk 35 000

Taal: Oekraïens, Russies[24][25]
Geloofsoortuiging:
Totaal[26]
Ateïsme of ongebonde – 62,5%
Godsdienstig of gebonde – 37,5%
Van die godsdienstige
Oekraïens-Ortodokse Kerk (Kiëfse Patriargaat) – 38,9%
Oekraïens-Ortodokse Kerk (Moskouse Patriargaat) – 29,4%
Oekraïens-Outokefale Ortodokse Kerk – 2,9%
Grieks-Katoliek – 14,7%
Rooms-Katolieke Kerk – 1,7%
Protestantisme – 2,4%
Ander godsdienste – 2,9%
Weet nie – 7,0%
Verwante etniese groepe: Ander Oos-Slawiese volke soos Russe en Wit-Russe[27]
Sluit

Wêreldwyd leef omtrent 45 miljoen Oekraïners, waarvan sowat 37,5 miljoen in Oekraïne, 1,9 miljoen in Rusland, 1,3 miljoen in Kanada en 968 769 in die Verenigde State. Tydens die Russiese Ryk en die Sowjetunie het Oekraïners in destydse deelgebiede soos Moldowa (375 000), Kasakstan (313 698), Wit-Rusland (159 000) en Oesbekistan (tussen 104 720 en 128 100) gevestig. Daarbenewens het Oekraïners nog in Europese en Suid-Amerikaanse lande soos Brasilië (500 000), Argentinië (300 000), Italië (233 726), Duitsland (229 510), Tsjeggië (126 613) en Slowakye (100 000) gevestig.

Vanaf die 17de eeu is die Oekraïners "Klein-Russe" genoem en as deel van die Drie-enige Russiese volk beskou, wat uit Groot-Russe, Klein-Russe asook Wit-Russe bestaan en uit die Oud-Russiese volk van die Kiëf-Roes ontwikkel het. Dit was die amptelike konsep waarop die Russiese Ryk gegrond is en was tot die uitbreek van die Russiese Rewolusie wêreldwye etnologiese standard.

Onder Josef Stalin se bewind het tussen 1932 en 1933 in die destydse Oekraïense SSR miljoen Oekraïners aan 'n hongersnood gely, die sogenaamde Holodomor (Голодомор), waartydens tussen 2,4 en 7,5 miljoen Oekraïners dood is.[29] Dit word as een van die grootste volksmoorde ooit beskou en word tans deur 25 lande as volksmoord erken.[30]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.