Montpelier is die hoofstad van die deelstaat Vermont (noordoostelike Verenigde State) en administratiewe sentrum van die distrik Washington in die noordelke gedeelte van Sentraal-Vermont. Montpelier lê teen 'n hoogte van 350 meter bo seevlak in 'n vallei van die Groen Berge.

Kitsfeite Land, Deelstaat ...
Montpelier
Stad
Thumb
Vermont State House is in 1859 opgerig
Thumb
Ligging van Montpelier in Vermont, VSA
Koördinate: 44°15′0″N 72°34′0″W
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatVermont
CountyWashington
Stigting1787
Geïnkorporeer as dorp op1818
Geïnkorporeer as stad op1895
Oppervlak
  Totaal26,6 km2 (10,3 vk. myl)
  Land26,5 km2 (10,2 vk. myl)
  Water0,1 km2 (0,1 vk. myl)
Hoogte
182 m (600 ft)
Bevolking
  Totaal7 855
  Digtheid302,7/km2 (739,9/vk. myl)
TydsoneUTC-05:00 (EST)
  SomertydUTC-04:00 (EDT)
ZIP-kode
05601-05604, 05609, 05620, 05633
Skakelkodes802
Webwerfmontpelier-vt.org
Sluit
Thumb
Die Winooskirivier vloei deur Montpelier

Met 'n bevolking van slegs 7 855 mense volgens die sensus van 2010 is Montpelier die kleinste hoofstad van 'n Amerikaanse deelstaat. Saam met Barre vorm Montpelier 'n klein mikropolitaanse gebied in die hartland van Vermont, wat ook as twin cities ("tweelingstad") bekend staan.

Die stad huisves die Kulinêre Instituut van Nieu-Engeland (Engels: New England Culinary Institute) en die hoofkwartiere van 'n aantal assuransiemaatskappye en tree ook as gasheerstad van die Green Mountains-filmfees op.

Die houtbedryf en granietverwerking was vroeër die ekonomiese basis van Montpelier, en slegs die laasgenoemde nywerheid speel tans nog 'n klein rol.

Geskiedenis

Montpelier is in die tydperk tussen 1781 en 1787 gestig. Die naam is deur kolonel Jacob Davis gekies en afgelei van die Franse stad Montpellier. Aangesien Frankryk die onafhanklikwording van die Verenigde State destyds gesteun het, was Franse plekname baie gewild. 'n Ander voorbeeld in Vermont is Calais, wat ook deur Davis vernoem is.

Die regeringsetel van Vermont het destyds op 'n rotasiebasis gewissel. Eers nadat die Vermont State Capitol in 1805 in Montpelier opgerig is, het die afgevaardigdes besluit om die voorkeur aan hierdie sentraal geleë vergaderplek te gee. In 1838 is die gebou deur 'n brand verwoes.

Danksy die kenmerkende bladgoudkoepel word die huidige gebou, wat in 1859 voltooi is, deur talle toeriste as een van die mooiste administratiewe geboue in die VSA beskou.

Eksterne skakels

Meer inligting Deelstaat Vermont, Onderwerpe ...
Thumb Deelstaat Vermont
Onderwerpe

Grondwet | Kultuur | Geografie | Regering | Geskiedenis | Ekonomie | Stede | Nedersettings in Vermont

Hoofstad

Montpelier

Streke

Champlainvallei | Groen Berge | Mount Mansfield | Northeast Kingdom

Distrikte

Addison | Bennington | Caledonia | Chittenden | Essex | Franklin | Grand Isle | Lamoille | Orange | Orleans | Rutland | Washington | Windham | Windsor

Stede

Barre | Burlington | Montpelier | Newport | Rutland | South Burlington | St. Albans | Vergennes | Winooski

Dorpe

Bennington | Calais | Stowe | Williston

Sluit
Meer inligting Hoofstede van die Verenigde State ...
Sluit

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.