Winooski
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Winooski is 'n stad in die distrik Chittenden van die deelstaat Vermont (noordoostelike Verenigde State). Winooski, wat aan die monding van die Winooskirivier lê, het volgens die sensus van die jaar 2010 'n bevolking van 6 561 mense.
Winooski | |
---|---|
Stad | |
Meul en watervalle in Winooski | |
Ligging van Winooski in Vermont, VSA | |
Koördinate: 44°29′42″N 73°10′57″W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Vermont |
County | Chittenden |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,9 km2 (1,5 vk. myl) |
• Land | 3,7 km2 (1,4 vk. myl) |
• Water | 0,2 km2 (0,1 vk. myl) |
Hoogte | 54 m (177 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 6 561 |
• Digtheid | 1 770,7/km2 (4 586,1/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
ZIP-kode | 05404 |
Skakelkodes | 802 |
Webwerf | onioncity.com |
Die woord "winooski" is ontleen aan 'n woord uit die taal van die Abenaki, Winoskitegw, en beteken "rivier van die uieland". Die stad se bynaam is dan ook "Onion City". Hierdie wilde uie het soos bieslook (grasuie) of prei gelyk, maar kom deesdae in die stadsgebied nie meer voor nie.
Winooski het ook die Courage Brothers se lied She Knows geïnspireer.
Winooski huisves die hoofkwartier van die VSAC, die Vermont Students Assistance Corporation.
Volgens die Verenigde State se Sensusburo het die stad 'n totale oppervlak van 3,9 vierkante kilometer (1,5 vierkante myl), waarvan 3,7 vierkante kilometer (1,4 vierkante myl) land en 0,2 vierkante kilometer (0,1 vierkante myl) of 5,3 persent water.
Vanweë sy ligging langs 'n belangrike handelsroete het Winooski waarskynlik as 'n handelspos ontstaan. 'n Indrukwekkende reeks watervalle het die aanleiding vir die oprigting van nywerhede gegee, en Winooski het vinnig tot 'n sentrum van wolverwerking ontwikkel.
Die Champlainmeul in die middestad van Winooski dien as die hoofkwartier van Winooski se Historiese Vereniging (Winooski Historical Society) en huisves daarnaas ook die plaaslike museum.
Deelstaat Vermont | |
---|---|
Onderwerpe |
Grondwet | Kultuur | Geografie | Regering | Geskiedenis | Ekonomie | Stede | Nedersettings in Vermont |
Hoofstad | |
Streke |
Champlainvallei | Groen Berge | Mount Mansfield | Northeast Kingdom |
Distrikte |
Addison | Bennington | Caledonia | Chittenden | Essex | Franklin | Grand Isle | Lamoille | Orange | Orleans | Rutland | Washington | Windham | Windsor |
Stede |
Barre | Burlington | Montpelier | Newport | Rutland | South Burlington | St. Albans | Vergennes | Winooski |
Dorpe |
Bennington | Calais | Stowe | Williston |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.