Remove ads
hoofstad en tweede grootste nedersetting van die Amerikaanse deelstaat Louisiana From Wikipedia, the free encyclopedia
Baton Rouge is die hoofstad en tweede grootste nedersetting van die Amerikaanse deelstaat Louisiana.[1] Die naam Baton Rouge kom van die Franse Bâton-Rouge, wat rooi stok beteken - 'n vertaling van die Indiaanse pleknaam Istrouma sowel as 'n verwysing na die tradisie van plaaslike Indiane om die grense van jaggronde met rooi pale te merk waarop dierkarkasse (volgens oorlewering visse en beerkoppe) vasgemaak is. In 1849 het Baton Rouge, wat in 1817 geïnkorporeer is, New Orleans as regeringsetel van Louisiana vervang. Tradisioneel dien Baton Rouge as kulturele middelpunt vir Louisiana se Cajun- en Kreole-gemeenskappe.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Louisiana |
Parogie (parish) | East Baton Rouge |
Koördinate | 35°28′N 97°32′W |
Geïnkorporeer | 1817 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 608 vk km |
Hoogte bo seevlak | 396 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2007) | 227 071 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 144/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 790 000 |
Tydsone | UTC -6 | Somertyd: UTC -5 |
Burgemeester | Sharon Weston Broome (D) |
Amptelike Webwerf | Baton Rouge |
Baton Rouge, wat in die suidooste van die deelstaat geleë is, is die vyfde grootste stedelike nedersetting langs die Mississippi en setel van Louisiana se grootste parogie (administratiewe distrik). Danksy sy strategiese ligging het die nedersetting tot 'n belangrike rivierhawe en nywerheidstad ontwikkel. Dit is daarnaas een van die spilpunte van die nasionale logistiek- en energiebedryf.
Baton Rouge se bevolking word op 220 000 beraam. Dit beskik oor twee universiteite: die Louisiana State University en die Southern University. Baton Rouge se metropolitaanse lughawe verbind die deelstaathoofstad met die internasionale lughawens van Houston in Texas en die Suidstate-spil Atlanta in Georgia asook streekslughawens in Dallas-Fort Worth en Charlotte.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.