Lietsjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Lietsjie (Litchi chinensis) is 'n smaaklike eetbare vrug.

Dit is die enigste lid van die genus Litchi in die seepbessie familie Sapindaceae. Dit is 'n tropiese en subtropiese vrugteboom inheems aan die Guangdong- en Fujian-provinsies van China, maar word nou in baie dele van die wêreld gekweek.[2] Die vars vrugte het 'n klein, fyn, witterige pulp met 'n blommegeur en 'n geurige, soet smaak. Aangesien hierdie parfuumagtige geur verlore gaan tydens die inmaakproses, word die vrugte eerder vars geëet.[3]
Die immergroen boom bereik 'n hoogte van 10-28 meter, die lietsjie dra vlesige vrugte wat tot 5 cm lank en 4 cm breed word. Die buitekant van die vrugte word bedek deur 'n pienk-rooi, growwe skil wat oneetbaar is, maar maklik afgedop word om 'n laag soet, wit vlees bloot te stel. Lietsjies word in baie verskillende nageregte geëet, en is veral gewild in China, die hele Suidoos-Asië, Suid-Asië, Indië en dele van Suider-Afrika.[4]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads