Korjakski
From Wikipedia, the free encyclopedia
Korjakski[2] of Korjakskaja Sopka (Russies Коря́кская со́пка) is 'n aktiewe vulkaan op die Kamtsjatka-skiereiland in die Russiese Verre Ooste. Dit lê naby Kamtsjatka-krai se hoofstad, Petropawlofsk-Kamtsjatski. Dit is saam met die naburige Awatsjinski aangewys as 'n Dekadevulkaan, wat van naderby ondersoek moet word vanweë sy nabyheid aan dig bevolkte gebiede.
Korjakski | |
---|---|
Die Korjakski-vulkaan troon bo Petropawlofsk-Kamtsjatski uit, 2014. | |
Ligging | Kamtsjatka-skiereiland, Rusland |
Hoogte | 3 456[1] meter bo seevlak |
Koördinate | 53°19′15″N 158°42′45″O[1] |
Ligging in Kamtsjatka-krai. |
Geologiese geskiedenis
Korjakski lê in die Ring van Vuur, op 'n punt waar die Pasifiese Plaat teen 80 mm per jaar onder die Eurasiese Plaat inskuif. Dit veroorsaak dinamiese vulkanisme oor die hele Kamtsjatka-skiereiland.
Die vulkaan is waarskynlik die afgelope tienduisende jare aktief. Geologiese rekords dui aan dat daar in die afgelope 10 000 jaar drie groot uitbarstings was: in 5500, 1950 en 1550 v.C. Dit lyk of dié drie uitbarstings groot lawastrome veroorsaak het.
Onlangse aktiwiteit
Korjakski het in 1890 vir die eerste keer in die aangetekende geskiedenis uitgebars. Die uitbarsting het 'n lawa-uitvloei aan die suidwestelike hang en ondergrondse ontploffings veroorsaak.
Nog 'n kort, matige uitbarsting het in 1926 voorgekom, waarna die vulkaan tot in 1956 rustend was. Die uitbarsting in 1956 was erger as die vorige bekendes, met piroklastiese en modderstrome. Dit het tot in Junie 1957 geduur.
Op 29 Desember 2008 het Korjakski uitgebars met 'n pluim as van 6 000 m, die eerste groot uitbarsting in 3 500 jaar.[3]
Omdat die vulkaan so naby aan Petropawlofsk-Kamtsjatski geleë is, is dit saam met die Awatsjinski-vulkaan in 1996 as 'n Dekadevulkaan aangewys.
Verwysings
Skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.