Awatsjinski
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Awatsjinski (ook bekend as Awatsja of Awatsjinskaja Sopka, Russies: Авача, Авачинская сопка) is 'n aktiewe stratovulkaan op die Kamtsjatka-skiereiland in die Russiese Verre Ooste. Dit lê naby Petropawlofsk-Kamtsjatski, die hoofstad van Kamtsjatka-krai. Dit is saam met die naburige Korjakski-vulkaan aangewys as 'n Dekadevulkaan, wat van naderby ondersoek moet word vanweë hulle geskiedenis van uitbarstings en hulle nabyheid aan dig bevolkte gebiede.
Awatsjinski | |
---|---|
Ligging | Kamtsjatka-skiereiland, Rusland |
Hoogte | 2 741 meter bo seevlak |
Koördinate | 53°15′18″N 158°49′48″O |
Laaste uitbarsting | 2008[1] |
Ligging in Kamtsjatka-krai. |
Awatsjinski se laaste uitbarsting was in 2008. Dit was klein in vergelyking met die vulkaan se uitbarsting in 1945.
Awatsjinski lê op die Pasifiese Ring van Vuur, op 'n punt waar die Pasifiese Plaat teen 80 mm per jaar onder die Eurasiese Plaat inskuif. Dit veroorsaak dinamiese vulkanisme oor die hele Kamtsjatka-skiereiland.
Die vulkaan is een van die aktiefstes op die skiereiland en het in die middel tot laat Pleistoseen begin uitbars. Dit het 'n hoefystervormige kaldera, wat 30 000 tot 40 000 jaar gelede in 'n groot grondverskuiwing gevorm en 'n gebied van 500 km2 suid van die vulkaan bedek het. Dit lê tans onder die stad Petropawlofsk-Kamtsjatski. Die hervorming van 'n nuwe keël binne die kaldera het in twee groot uitbarstingsfases plaasgevind, 18 000 en 7 000 jaar gelede.[2][3][4]
Awatsjinski het minstens 16 keer in die aangetekende geskiedenis uitgebars. Die uitbarstings was gewoonlik ontploffend, met piroklastiese en modderstrome wat gewoonlik suidwes gevloei het. Die laaste onlangse groot uitbarsting was in 1945, toe 0,25 km3 magma uitgeskiet is. Sedertdien was daar klein uitbarstings in 1991 en 2001.
Vanweë sy nabyheid aan Petropawlofsk-Kamtsjatski is Awatsjinski saam met die naburige Korjakski aangewys as 'n Dekadevulkaan.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.