Rainier (berg)
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die berg Rainier (ook bekend as Tahoma of Tacoma) is 'n groot, aktiewe stratovulkaan in die Cascade-bergreeks van die Pasifiese Noordweste in die VSA. Dit is geleë in die Nasionale Park Mount Rainier, omtrent 95 km suidsuidoos van Seattle.[1] Dit is 4 392 m hoog,[2][3] en is die hoogste berg in die Amerikaanse staat Washington en in die Cascade-vulkaanboog.
Rainier Tahoma, Tacoma | |
---|---|
Ligging | Mount Rainier National Park, Pierce County, Washington, VSA |
Hoogte | 4 392 meter bo seevlak |
Koördinate | 46.8528857°N 121.7603744°W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 1450 |
Ligging in Washington. |
Vanweë die groot moontlikheid dat dit in die toekoms kan uitbars, word die berg Rainier beskou as een van die gevaarlikste vulkane in die wêreld en is dit as 'n Dekadevulkaan aangewys.[4] Die groot hoeveelheid gletserys beteken Rainier kan enorme modderstrome veroorsaak wat die hele Puyallupriviervallei kan bedreig. Volgens die VSA- Geologiese Opname "is sowat 80 000 mense en hulle huise in die berg Rainier se modderstroomsones in gevaar".[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.